Lot van SME Bank-werknemers
Jacqueline Louw – In ’n brief deur die voorlopige likwidateurs van die SME Bank is werknemers van dié bank verlede week in kennis gestel dat hul dienste beëindig gaan word.
In hul brief, gerig aan al die werknemers van die bank, sê Bruni & McLaren, die voorlopige likwidateurs van die SME Bank, dat die bank op 11 Julie onder voorlopige likwidasie geplaas is.
Hulle noem verder dat al die werknemers, behalwe diegene wat tydelik in diens sal aanbly om sekere noodsaaklike dienste te verrig, se dienste beëindig word en dat hulle een maand se volle salaris sal ontvang, asook skeidingspakkette en agterstallige lone en salarisse.
Die likwidateurs het werkers verder verseker dat hul salaris- en skeidingspakketbetalings voorkeur bo enige ander eise sal geniet.
Volgens die brief sal besonderhede van watter werknemers op ’n tydelike basis by die bank sal aanbly vandeesweek bekend gemaak word.
Hulle het ook verder die versekering aan die werknemers gegee dat hulle alles in hul vermoë sal doen om te verseker dat enige party wat die bank as ’n lopende saak oorneem, die personeel sal heraanstel.
Volgens die likwidateurs sal hulle die werknemers se eise uitbetaal “sodra kontant beskikbaar is”.
Die Bank of Namibia (BoN) het beheer van die SME Bank aan die begin van Maart vanjaar geneem en het ’n aansoek by die hoërhof ingedien vir die bank se likwidasie.
Die sentrale bank se ingrypings is deur sekere twyfelagtige beleggings van die SME Bank in Suid-Afrika gemotiveer. Na bewering is beleggings van sowat N$175 miljoen in Suid-Afrika verloor wat veroorsaak het dat die bank nie in staat is om sy verpligtinge teenoor deponeerders en ander kliënte na te kom nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie