Loslitdag gee bejaardes hupstoot
Loslitdag gee bejaardes hupstoot
‘Geen onderskeid tussen klas, ras, geslag’
07 September 2018 | Gebeure
Tanja Bause - Vanjaar se Loslitdag gaan ’n viering van ons land se verskillende kulture wees.
Dié dag, ten bate van die Namibiese Hulpfonds vir Bejaardes (Noah), vind op 28 September plaas.
Deelnemers aan vanjaar se pretdag kan volgens die tema “Namibiese kultuur” aantrek.
Past. Gerhard Maasdorp, raadsvoorsitter van Noah, het alle skole en besighede uitgenooi om aan Loslitdag deel te neem.
“Besighede wat aan die kompetisie vir die besgeklede werkers deelneem, kan N$10 000 wen,” het Maasdorp gesê.
Vanjaar word geldinsamelings-armbande teen N$20 by Waltons, Wimpy en uitgesoekte Furnmart/Home Corp-winkels verkoop. Dit kan ook by [email protected] bestel word.
“Skole wat die meeste armbande verkoop, kan N$5 000 wen.
“Beide die skool- en besigheidskompetisies sal op Loslitdag op die Loslitdag/Casual Day Facebook-bladsy plaasvind.
“Diegene met die meeste likes op Facebook, wen. Die wenners sal op 2 November om 15:07 op Kanaal 7 bekend gemaak word,” het hy gesê.
Waltons sal vir die vierde agtereenvolgende jaar die skool met die besgeklede leerlinge met N$5 000 beloon.
Besighede kan hulself op dié dag tussen 06:00 en 8:00 by 12 kruisings in Windhoek bemark.
Dié geld sal ook ten bate van Noah aangewend word.
Noah is ’n liefdadigheid wat in Oktober 2000 gestig is met die doel om plaaslike bejaardes se lewensgehalte te bevorder.
Dit word gedoen deur tot hul mediese uitgawes by te dra.
“Alle Namibiërs ouer as 60, wat nie aan ’n mediese fonds behoort nie en nie hul mediese uitgawes kan dek nie, kom in aanmerking vir hulp uit ons fonds, met hoegenaamd geen onderskeid tussen klas, ras of geslag nie,” het Maasdorp gesê.
Senior burgers kan aansoek vir mediese ondersteuning by die Noah-kantoor in die Kanaal 7-gebou doen.
Die raad vergader elke maand om aansoeke te evalueer en goed te keur.
Die afgelope jaar het Noah 146 bejaardes met brille, gehoortoestelle, rolstoele en loopringe ondersteun.
Verlede jaar is N$299 071,85 op Loslitdag vir Noah ingesamel.

Soortgelyk
Honderde miljoene vir veevoer nodig
17 ure gelede | Landbou
Min of geen handboeke vir nuwe leerplan
17 ure gelede | Onderwys
Regional council must account for vandalised buildings
17 ure gelede | Infrastruktuur
Swapo beslis dorpsraadslede se lot
17 ure gelede | Politiek
Groeiende stad druk rioolstelsel
17 ure gelede | Infrastruktuur
Weer vir 19 Februarie 2019
17 ure gelede | Weer
Gammams staan steeds stil
17 ure gelede | Regering
‘Vroue is sterk’
17 ure gelede | Maatskaplik
Namcor wil vry van sekere wette wees
17 ure gelede | Energie
Kleinadvertensies