Lorries stééds in Zambië gebriek

Zambië wil gekonfiskeerde Namibiese vragmotors opnuut inspekteer om vas te stel van waar die hout wat vervoer word, afkomstig is.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Meer as drie maande nadat die Zambiese owerhede beslag gelê het op nagenoeg 200 Namibiese vragmotors en 'n verdere sowat 500 van ander lande in die streek, is eienaars in kennis gestel dat 'n nuwe reeks vraginspeksies uitgevoer gaan word.

Mnr. Willie du Plessis, van Super Transport op Walvisbaai, sê hoewel 'n vorige ronde inspeksies uitgevoer is, is eienaars nou ingelig dat die vragte opnuut geïnspekteer gaan word.

“Die ooreenkoms 'n ruk gelede was dat hulle die vragte sou inspekteer en die drywers dan toelaat om na Namibië terug te keer. Die inspeksies is uitgevoer, maar die vrystellingsdokumente is nooit aan die drywers uitgereik sodat hulle die land kon verlaat nie. Nou hoor ons hulle (die Zambiese owerheid) gaan van voor af met inspeksies begin,” sê Du Plessis.

Benewens Namibië word vrag­motoreienaars en -bestuurders van Tanzanië, Botswana, Zimbabwe en Suid-Afrika ook deur die beslagleggings geraak.

Zambië het in Februarie 'n verbod geplaas op die uitvoer van Mukula-hout (Pterocarpus chrysothrix), ook genoem rooshout of bloedhout vanweë die hout se rooi kleur.

Dit is 'n bedreigde houtspesie wat veral in China hoog in aanvraag is vanweë die besonderse kwaliteite van die hout.

Du Plessis, wat reeds baie lank vir Chinese kliënte dié hout via Zambië na die Walvisbaai-hawe vervoer, sê dit word gebruik om geweerkolwe vir die weermag te maak, asook vir meubels en medisinale doeleindes.



Verbod

Die Chinese nuusagentskap Xinhua berig die Zambiese Inkomste-owerheid (ZRA) konfiskeer vragmotors nadat pres. Edgar Lungu 'n regulasie onderteken het wat die vervoer van gesaagde hout deur Zambië verbied.

Xinhua berig mnr. Kingsley Chanda, algemene kommissaris van die ZRA, sê dié owerheid het besluit om alle vragmotors wat hout vervoer, te verbied om die land te verlaat terwyl die ondersoek hangend is.

Chanda het luidens die nuusagent­skap aan joernaliste gesê dit blyk dat vervalste permitte en vervoerdokumente daarop dui die hout is uit die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) afkomstig, terwyl dit eintlik Zambiese hout is.

Handel in Mukula is nie in die DRK verbode nie.

Du Plessis sê dit is inderdaad so dat van die vragmotoreienaars die hout in Zambië gelaai het, maar voorgee dit kom uit die DRK.

“Dit is blykbaar juis hoekom hierdie twee rondes inspeksies gedoen word. Dié met wettige permitte en wat reg geseël is, sal glo geskei word van die lorries wat nie aan die reëls voldoen nie.

“Dit is 'n baie sensitiewe saak, want daar is vermoedelik van ons Namibiese vervoerders wat ook skuldig is,” sê Du Plessis.

Mnr. Deon van Blommestein, eienaar van DVB Trucking op Otjiwarongo, sê sy verseëlde vragte is tydens die eerste ronde geïnspekteer, die permitte is gefynkam en die vrag is weer geseël.

“Hulle kon niks fout vind nie, maar my drywers word steeds nie toegelaat om te vertrek nie. Intussen loop ons onkoste op en ons verloor baie geld.”

Hy sê die gestrande drywers verkeer onder baie stres. 'n Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder het enkele dae gelede verongeluk toe hy besluit het genoeg is genoeg, en met sy lorrie weggejaag het.

Hy sê van die vervoerders het met 'n prokureur gesels oor die moont­likheid om 'n dringende aansoek by die hof in Lusaka in te dien. Dit is in 'n poging om die Zambiese regering deur middel van 'n hofbevel te dwing om die vragmotors vry te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%