Lorriedrywer met nege lewens

Tanja Bause
Tanja Bause - Ses mense het gister die dood vrygespring in 'n bisarre ongeluk waarin twee voertuie en 'n trein betrokke was.

Net ná 07:00 was ‘n vragmotor en ‘n ligte vragmotor in ’n trompop botsing op ’n brug op die B2-hoofpad tussen Usakos en Karibib.

Die vragmotor se bestuurder, mnr. Petta Beukes (28), het ná die ongeluk beheer oor die voertuig verloor. Dit het deur die veiligheidsversperring op die brug gebars en op die treinspoor beland. ’n Aankomende trein het teen die vragmotor gebots en dit onder die brug ingesleep.

Volgens die Namibiese polisie het die bestuurder van die ligte vragmotor, mnr. Gideon Iileka, wat van Karibib na Usakos op pad was, probleme met sy vragmotor se as opgedoen. Dit het veroorsaak dat hy aan die linkerkant van die pad beland en teen die aankomende vragmotor gebots het.

Mnr. Stefanus Indongo (26) en mnr. Jagger Araeb (26), wat passasiers in onderskeidelik die vragmotor en ligte vragmotor was, is lig beseer. Die treindrywer, mnr. Nicklaas Pienaar (54), en sy assistent het geen beserings opgedoen nie.

Volgens mnr. Francois Cronje van 'n insleepdiens is die lokomotief weens die impak van botsing van die spoor af. Die trein was van Walvisbaai af op pad.

“Die bestuurder en sy passasier het nét betyds uit die vragmotor geklim toe dit op die treinspoor beland het, sekondes voordat die trein dit getref het. Dit is ’n wonderwerk.”

Volgens Cronje het die vragmotor se “as, diff en wiele op die brug agtergebly”.

“Die pad is oop vir verkeer, maar die trein en vragmotor sit nog onder die brug vas. Dit sal nog ’n hele ruk vat voordat dit opgeruim sal wees, want die lokomotief alleen weeg ’n hele paar ton. Dit moet weer op die spoor getel word. Ons wag op die nodige swaar masjinerie om die toneel te kom opruim,” het hy gesê.

Teen druktyd het TransNamib nog nie sy beloofde persverklaring uitgereik nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!