Lorenzo se punte vir Unam vereer

Rugby

21 October 2019 | Sport
Andrew Poolman



Die flinke heelagter Lorenzo Louis se reusebydrae vanjaar het hom 'n gewilde keuse as sportman van die jaar gemaak toe die rugbyklub FNB Universiteit van Namibië die naweek sy jaarafsluitingseremonie gehou het.

By dieselfde geleentheid het mnr. Johan Diergaardt benadruk dat hy dié keer vir goed as hoofafrigter die tuig neerlê.

“Ek sal graag nog in ander hoedanighede dien, maar die grondslag is gelê vir 'n nuwe stem om oor te neem. Unam kan weer (die NRU premierliga) soos in 2015, 2016 en 2017 oorheers,” het Diergaardt voorspel.

Louis was vanjaar in sy gebruiklike 15-trui, of ewe dikwels van die reserwebank af, 'n geweldige faktor in plaaslike klubrugby. Met 14 drieë en 225 punte het hy benewens die sportman-wisseltrofee ook die pryse as voorste driedrukker en voorste puntemaker vir die seisoen ontvang.

Die geharde losvoorspeler Cameron Langenhoven se inklimspel is ook nie misgekyk nie, toe hy as speler van die jaar bekroon is.

Die haastige vleuel Shareave Titus het met twee toekennings weggestap, naamlik Unam se beste presteerder in sewesrugby en die spelers se speler van die jaar.

Kami Mieze het met die klubvoorsitter, mnr. Christie Windvogel, se voorsitterstoekenning weggestap, as erkenning vir sy persoonlike groei as speler en spanmaat en sy bereidheid om in ver­skeie posisies as voorspeler rondgeskuif te word.

Die universiteit se sportkantoor het ook 'n toekenning op die spel geplaas wat mnr. Werner Jeffery aan die jong Namibiese vleuel Chad Plato oorhandig het.

“Hierdie toekenning is tevore deur spelers soos Mahepisa Tjeriko en Lesley Klim ingepalm. Vanjaar vereer ons vir Chad, wat ná die teleurstelling van die beëindiging van 'n groepie Namibiese spelers se junior kontrakte by die Blou Bulle weer opgestaan het. Boonop is sy seisoen twee keer deur beserings onderbreek, maar toe hy sy kans in Namibië se Wêreldbekerspan na Japan kry, het hy almal met sy vertonings teen Italië en die Springbokke verstom,” het Jeffery verduidelik.

Vanjaar was 'n merkwaardige mylpaal vir Unam-rugby, om sewe huidige en gewese spelers vir die Wêreldbeker-span op te lewer.

“As dit nie vir beserings (Oderich Mouton en Mahepisa Tjeriko) was nie, kon dit dalk selfs nege gewees het,” het Diergaardt gesê nadat Plato, Desiderius Sethie, Obert Nortjé, Prince !Gaoseb, Max Katjijeko, Lesley Klim en Helarius Kisting erkenning vir hul WB-insluiting gekry het.

Katjijeko, wat ook as Unam se topspeler vanjaar vir die nasionale span uitgesonder is, is die mikrofoon gegee vir 'n toespraak.

“Van skool af het ek geleer dat jy jou nie moet steur aan wat mense sê jy nie kan doen nie.

“In graad 11 moes ek terugstaan vir sogenaamde seniors om WHS se eerste span te verteenwoordig ... ouens wat ná skool nie eens verder rugby gespeel het nie,” het Katjijeko onthou.

“Ná skool het ek dikwels gehoor ek is 'n paar sentimeter te kort om vir Namibië slot te speel en 'n paar kilogram te lig om flank te speel. Die feit dat (afrigter) Phil Davies my in die beginspan vir soveel belangrike toetse gebruik het, wys dat 'n mens moet besluit na wie se stemme jy luister.”

Ander Unam-toekennings vir 2019 was:

Mees toegewyde speler: Shaun van Wyk.

Beste vordering: Johnny Mwenyo (Namibië sewes).

Mees veelsydige speler: die broers Sunday en Simon Haitembu.

Beste voorspeler, derde span: Quintin Tsekupe.

Beste voorspeler, tweede span: Martinus Nekundi.

Beste voorspeler, eerste span: Gilad Plaatjies.

Beste agterspeler, derde span: Owen van Rooi.

Beste agterspeler, tweede span: Josh Bessinger.

Beste agterspeler, eerste span: die senterpaar Milaan van Wyk en Camlo Martin.

Beste presteerder vir die Windhoek Draught Welwitschias: Milaan van Wyk.



GRONDSLAG

STEEDS DAAR

Unam sal in die komende weke aankondig hoe sy afrigterstruktuur vir 2020 daar sal uitsien.

“Toe ek aan die begin van 2015 oorgeneem het, het ons stelselmatig die spelers ontwikkel tot waar ons vanjaar sewe lede van die Wêreldbeker-span opgelewer het. Spelers soos Helarius, Lesley en Max kon intussen uit professionele kontrakte in die buiteland voordeel trek.

“Vanjaar was ons trofeekas leeg nadat ons eerste span op omstrede wyse in die finaal verloor het, maar daar is steeds genoeg ruggraat in die spelersgroep oor dat ons kan aanhou ontwikkel.

“Dit is steeds binne Unam se vermoë om wéér so 'n string onoorwonne vertonings te lewer soos toe ons in 2015 die opposisie dikwels met vyftig punte van hul voete gehardloop het.

“Enige speler met ernstige voornemens moet op sy leefstyl let en die nagevolge in die oog hou van alles wat jy eet en drink.”

Soortgelyk

 

Franse toeriste vas vir stukke olifanttand

1 dag gelede | Misdaad

Twee Franse toeriste is Donderdag in hegtenis geneem, nadat hul voertuig deur die polisie by die Rooidaghek ondersoek en hulle in besit van twee stukke...

NWR: verlies van N$149 miljoen in drie jaar

1 dag gelede | Regering

Die staatsbeheerde toerisme-agentskap Namibia Wildlife Resorts (NWR) het ’n verlies van N$149 miljoen oor ’n tydperk van drie jaar aangeteken. Volgens die NWR se jaarlikse...

Hage vry na sakelui

2 dae gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het gister erken “dit mag té laat wees” om sommige van die land se probleme op te los.Geingob het...

Boer vang baba

2 dae gelede | Mense

Henriette Lamprecht – Soos ’n wafferse MacGyver het ’n boer van ’n plaas sowat 90 km van die naaste dorp gister van ’n skoenveter tot...

Helping people help themselves

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarjolize Scholtz has been a wellness professional for over 17 years. During her career her empathy towards people has grown immensely. Scholtz was...

Putting on a corporate suit of armour

2 dae gelede | Mense

Elizabeth Joseph Margaret Thatcher once quipped that if you want something said, ask a man. If you want something done, ask a woman. Langford...

Fuelled by ­creativity

2 dae gelede | Mense

Evany van Wyk “Every challenge is put on your path to groom you and build you and if I had the opportunity to change something...

A musician at heart

2 dae gelede | Mense

Queen, Mumford and Sons, as well as Koos du Plessis are all musical influences that Ruan Greeff, or John Rock Prophet as you may know...

Kalender 15 November

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Ephemera, ‘n groepuitstalling wat vandag by die Goethe-instituut open, handel oor vroue en hul liggaam. Die uitstalling bestaan hoofsaaklik uit vier...