Lu2019Oreal belu00ea in u2018digitaleu2019 grimering
Lu2019Oreal belu00ea in u2018digitaleu2019 grimering

L’Oreal belê in ‘digitale’ grimering

Al ooit gewonder, terwyl jy aanlyn na nuwe grimering kyk, hoe jy met daardie nuwe lipstiffie op gaan lyk?

Of gaan jy dalk beter lyk as ’n blondine of eerder as ’n rooikop?

Die Franse skoonheidshuis L’Oreal wil so graag hê mense moet sy produkte voor die tyd sommer aanlyn kan toets – en dit dan natuurlik koop – dat hy vir die eerste keer in ’n maatskappy wat tegnologie ontwikkel, belê het.

L’Oreal het Vrydag bekend gemaak dat hy die Kanadese maatskappy ModiFace gekoop het.

Hy het egter nie gesê wat die bedrag is wat hy daarvoor betaal het nie.

ModiFace ontwikkel apps met aangevulde werklikheid wat mense toelaat om grimering “digitaal” te toets.

Die maatskappy is in 2006 geskep en het reeds sagteware vir maatskappye soos LVMH se Sephora en Estee Lauder ontwikkel.

Die verkryging van ModiFace is ’n eerste vir L’Oreal.

Dié maatskappy, wat handelsname soos Maybelline besit, het nog nooit vantevore ’n maatskappy verkry wat nie skoonheidsprodukte maak nie.

Sy “Makeup Genius”-app is al meer as 20 miljoen keer afgelaai.

ModiFace het ook reeds saam met L’Oreal gewerk om sy “Style My Hair”-app te ontwikkel.

’n Gebruiker kan met dié app nie net verskillende haarkleure nie, maar ook verskillende haarstyle, toets.

“Die manier waarop ons kliënte nuwe produkte soek, ontdek en toets, verander regtig baie. Ons wou dié neiging beter inkorporeer,” sê Lubomira Rochet, hoof vir digitale dienste by L’Oreal.

In 2017 het L’Oreal meer as €2 miljard se produkte aanlyn verkoop. Dit is 8% van sy totale inkomste.

Rochet sê L’Oreal beplan om seker te maak handelsname soos Lancôme en Yves Saint Laurent het ook platforms wat digitale dienste aan kliënte bied. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!