Lonmin kry steeds wind van voor
Lonmin kry steeds wind van voor

Lonmin kry steeds wind van voor

Elvira Wood – Die sukkelende platinummaatskappy Lonmin kry steeds die wind van voor.

Die maatskappy sê Vrydag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sy Marikana-myn het 8,4% minder platinum in die drie maande tot einde Maart geproduseer.

Dit is teenoor ’n jaar tevore.

Lonmin blameer onderbrekings weens veiligheidskwessies, asook ’n lae moraal onder sy werkers en “ ’n hoë omset” van bestuurders by die myn.

Die skuld vir die lae moraal word op sy beurt voor die deur van die mynwerkersvakbond Amcu gelê.

Amcu is gekant teen Sibanye-Stillwater se plan om Lonmin te koop.

Sibanye het reeds in Desember 2017 aangekondig hy wil Lonmin in ’n aandeleruiltransaksie ter waarde van R5 miljard bekom.

Die Mededingingskommissie het reeds die transaksie goedgekeur.

Amcu het hom egter op die Mededingingsappèlhof beroep aangesien hy nié die transaksie ondersteun nie.

Lonmin sê dié hofsaak saam met Amcu se staking by Sibanye-Stillwater se goudmyne het moraal onder sy arbeidsmag laat daal.

Amcu het sedertdien die staking by die goudmyne opgeskort.

Lonmin sê ongeag die laer produksie verwag hy ’n bedryfswins van $70 miljoen vir die ses maande tot einde Maart. Dit is teenoor ’n bedryfsverlies van $32 miljoen ’n jaar gelede.

Die wins word toegeskryf aan die hoër internasionale dollarprys van platinumgroepmetale en die rand wat swakker teenoor die dollar verhandel het. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!