Logistiekverslag ’n ‘mylpaal’
Die minister van werke en vervoer het die vrystelling van die eerste tweejaarlikse verslag geloof.
Augetto Graig - Logistiek en vervoer het in 2017 sowat 22,2% waarde tot die nasionale bruto binnelandse produk (BBP) gevoeg, en verlede jaar het vragvolumes na en van Walvisbaai se hawe met 50% gegroei tot sowat 800 000 ton.
Walvisbaai se hawe hanteer 93,1% van die totale vrag wat na en van Namibië se buurlande af deur die land beweeg.
Statistieke vir laas jaar toon vragvolumes van Januarie tot September het die totale vragvolume oorskry, wat in 2017 deur Walvisbaai vervoer is.
September 2018 se syfers wys 72 928 ton vrag het in dié maand deur die hawe beweeg, wat 9,2% meer as die vorige jaar is.
Dié inligting kom uit splinternuwe navorsing wat van nou af elke twee jaar bygewerk sal word.
Die 2018-verslag oor die stand van logistiek in Namibië is Maandag amptelik by die Safari Hotel in Windhoek bekend gestel.
Mnr. John Mutorwa, die minister van werke en vervoer, het dié belangrike navorsingsdokument ’n mylpaal in Namibië se ontwikkeling as logistieke kern vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) genoem.
Mutorwa het gesê logistiek geniet voorkeur in baie lande, ongeag hul ekonomiese ontwikkeling, omdat die vervoersektor ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling aanspoor.
Hy noem dit ’n voorvereiste vir nasionale ontwikkeling wat verbintenisse, infrastruktuur, regulering, volhoubaarheid en handel bevorder.
“In vandag se wêreld, waar strawwer kompetisie die norm is, doen baie lande in die SADC-streek, in Afrika, en ter wêreld wat ons doen, en van hulle doen dit beter. Die boodskap aan almal wat by logistieke ontwikkeling betrokke is, is dat ons nooit selfvoldaan moet raak nie. Wees slim, en bied die beste dienste aan dié wat dit benodig. As julle ontspan of middelmatige diens lewer, kan daai mense hul dienste elders kry,” het hy gewaarsku.
Hy het gesê die stryd om ekonomiese onafhanklikheid is moeiliker as wat die politieke stryd was.
“Dit gaan oor brood-en-botter-kwessies, nie vir môre nie, maar vir vandag, en ons almal ding mee daarvoor,” het hy gesê.
“Ons kan (ons poging) versterk en bespoedig. Ons moet onself as ’n land reg plaas om ons voordele te benut. Walvisbaai se hawe het ’n lang geskiedenis en ons verstaan die rol wat dit in ekonomiese ontwikkeling kan speel ook nou beter,” het die minister gesê.
Mnr. Clive Smith, waarnemende uitvoerende hoof van die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG), het Namibië se belangrikheid vir buurlande se internasionale handel, veral Zambië s’n, bespreek.
Volgens Smith was Zambië tussen Januarie en September verantwoordelik vir 170 755 ton vraginvoere deur Walvisbaai en 133 650 ton se uitvoere.
Ander lande wat ook van Walvisbaai se hawe gebruik maak, sluit in die Demokratiese Republiek die Kongo, Zimbabwe, Angola, Botswana en Malawi.
Smith sê die verdere toepassing van Namibië se logistieke meesterplan, wat met Japan se hulp in 2015 opgestel is, sal vaardighede en die gehalte van logistieke dienste meebring, asook die beter organisering van besendings, ’n beter vermoë om besendings na te spoor, verbeterde afleweringstye en makliker oorgrenshandel.
Dr. Heinrich Semar, ook ’n professor, wat die projekbestuurder vir die Duitse internasionale samewerkingsorganisasie GIZ is, het die geleentheid ook bygewoon.
Semar het gesê GIZ ondersteun die toepassing van die meesterplan sedert 2016, en het die navorsingverslag ook die afgelope twee jaar ondersteun.
Hy het gesê Namibië is een van die eerste Afrikalande om so ’n verslag saam te stel.
“Namibië neem dus die voortou wat die deel van inligting deel en sektorontwikkeling betref,” sê hy.
Hoewel GIZ logistiek in Namibië verlede jaar voortdurend ondersteun het, word verdere ondersteuning oorweeg, het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie