Lodge help voed noodhulpwerkers en kwesbares

Uitreiking verreikend
Die potte is (letterlik) aan die kook gehou vir noodhulpwerkers by die Oshivelo-nedersetting te danke aan Mokuti Etosha Lodge, ’n filiaal van die Olthaver & List (O&L)-groep.

Die kospakkies wat gaskoeldranke, sop, vars broodrolle en vrugte insluit, is deur die lodge se personeel en bestuur geskenk.

“Ons het op dié inisiatief besluit as ons positiewe bydrae in hierdie tyd van onsekerheid en vrees weens die Covid-19-pandemie in ons land. Ons het die Oshivelo-polisiestasie besoek, asook die NDF-taakspan wat deurentyd werk om mense van die strate af te hou, groepbyeenkomste op te breek en seker maak die reëls en riglyne van die nasionale inperking word nagekom,” het mnr. Jesaya Ickua, die spysenieringsbestuurder van Mokuti Etosha Lodge, gesê.

Die span se volgende besoek was aan die plaaslike kliniek om kospakkies aan die mediese personeel uit te deel.

“Húlle is die ware helde aan die voorpunt van die stryd teen Covid-19,” het Ickua gesê.

Die laaste besoekpunt was die gebied waar die kwesbaarstes van die Oshivelo-nedersetting woon. Meer as 100 Oshivelo-inwoners het kospakkies by hul huise ontvang, insluitend talle kinders.

Icka het verseker al die vereiste inperkingsmaatreëls is gevolg. Handontsmetmiddel is gebruik voor en nadat die kospakkies uitgedeel is.

“Nou, meer as ooit, moet ons as gemeenskapslede saam staan en doen wat ons kan om die pandemie te beveg. Die oorwinning sal immers ons almal s’n wees,” het Ickua afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!