Lodge, besigheid beroof – sewe vas
Vyf gewere wat tydens ’n inbraak by ’n gesogte jag- en safaribestemming gebuit is, is teruggevind.
Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was.
Een van die inbrake was Woensdagaand by die Otjere Lodge, ‘n gesogte jag- en safaribestemming sowat 19 km van Steinhausen af.
Teen druktyd was die polisie warm op die spoor van nog twee verdagtes wat met die rooftog by die lodge verbind word.
Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder vir die Khomasstreek, komm. Joseph Shikongo, het ses mans Woensdag in die vroeë oggendure die hekke van die lodge gebreek en kontant, gewere, alkohol en vleis gesteel.
Vier van die verdagtes is op die pad tussen Seeis en Steinhausen deur ‘n poisiepatrolliespan op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vasgetrek.
Die beamptes wat met ‘n ondersoek na die inbraak en diefstal besig was, het ‘n verdagte voertuig gewaar en dit probeer stop. Die verdagtes het eers met die voertuig op die vlug geslaan, maar het naby Seeis die voertuig langs die pad gelos en die bosse in gevlug. Die vier is uiteindelik gisteroggend vasgetrek.
Terwyl die polisie met dié ondersoek besig was, is nog ‘n verdagte voertuig volgens Shikongo opgemerk en van die pad afgetrek.
Die drie verdagtes in ‘n inbraak by ‘n bekende besigheid op Gobabis Woensdagaand is naby Heja Lodge vasgetrek.
Die ondersoek na die twee inbrake en soektog na die verdagtes het beamptes van die Omaheke- en Khomasstreek betrek, terwyl ‘n polisiehelikopter ook ingespan is om die voortvlugtendes te soek.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het bevestig die polisie was teen druktyd gister steeds by die lodge vir ‘n ter plaatse ondersoek.
Volgens hom is die items teruggevind wat by die lodge gesteel is.
Items wat op Gobabis gebuit is, is ook teruggevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie