Lize en Chris roer hartsnare op Gochas

05 July 2019 | Kuns en vermaak
Lloyd Zandberg - Die bekende musikant, filantroop en aktivis Lize Ehlers is op pad terug na die wêreld wat haar gevorm het.

Lize is ‘n meisie van die Suide, meer spesifiek Mariental, en gaan môreaand om 18:00 op die buurdorp Gochas in die Boerevereningsaal by Witbooisvlei, Kalkplato, saam met Chris B optree.

As jy vir Liza vra hoe sy oor die beoogde show voel, is daar duidelike opwinding op haar gesig.

“Ek is baie ogewonde om weer op my tuisdorp en omliggende areas te gaan perform. Gochas is ‘n klipgooi weg van Mariental, vanwaar ek oorspronklik kom,” sê sy.

Tydens die vertoning gaan die bekende Chris B ‘n paar ou gunstelinge saam met Lize sing.

“Hoewel ons al die golden oldies ook gaan doen, het ek verskeie ander nuwe liedjies spesiaal vir hierdie show geoefen. Onder meer Sonja Herholdt se ‘Jantjie’ en ‘Ek verlang na jou’,” sê sy.

Lize en Chris B het in die verlede ‘n oorspronklike duet geskryf en dit later opgeneem.

Die twee sangsensasies sal dié duet, “Liefde sonder grense” tydens die show sing.

“Wanneer ek en Lize saam sing, is dit of daar ‘n soort magic ontstaan,” sê Chris B oor hul beplande optrede.

“Ek sien veral uit na al die duette wat ons saam gaan doen,” sê hy.

“Een van my gunstelingliedjies wat ons gaan sing, is die bekende temalied ‘Shallow’ van die fliek A Star is Born.”

Chris B vertel verder die aand het ook ten doel om ou treffers nuwe lewe te gee.

“Ons beoog om ook vars klanke met die gehoor te deel,” sê hy.

Toegang is N$250 vir wolwassenes en N$80 vir kinders onder 12.

Kaartjies sluit ‘n driegangmaaltyd in en is beskibaar by Mariental Toyota, Charney Spar en die Gochas-winkel.

Vir meer inligting, kontak Trudie op 081 149 0008, Anja op 081 435 6973 of Jo-Mari by 081 269 6699.

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

6 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

6 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

7 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

7 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

23 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...