Listeriose: Slaghuis se produkte 'skoon'
Listeriose: Slaghuis se produkte 'skoon'

Listeriose: Slaghuis se produkte 'skoon'

Slaghuise op Tsumeb moes gister bontstaan om te verseker hul produkte is nie die bron van listeriose-kwaad nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die slaghuis en fabriek wat die minister­ van gesondheid en maatskaplike dienste by implikasie uitgesonder het as die bron van listeriose op Tsumeb, sê verskeie toetse word daagliks en maandeliks­ op alle produkte gedoen en tot so lank as ses maande terug was daar geen positiewe resultate­ vir die bakterie wat die siekte veroorsaak nie.

Dr. Bernard Haufiku het in die Nasionale Vergadering gesê die listeriosepasiënt wat tans behandeling ontvang, het Weense worsies by 'n slaghuis op die dorp gekoop wat na aanleiding hiervan op sosiale media geïdentifiseer is.

Volgens mnr. Jean Simonis van Simondeum Fine Meats het die fabriek 'n internasionaal-­erkende gehaltebeheerstelsel. HACCP is 'n voor­komende voedselveiligheidstelsel waarin elke stap in die vervaardiging, berging en verspreiding van 'n produk weten­skaplik vir mikro­biologiese, fisiese en chemiese gevare getoets word.

“Ons toets ook elke oggend die produkte wat die vorige dag gemaak is,” het Simonis gesê.

Sou alarm gemaak word, is daar korrektiewe stappe om die nodige aksie te neem.



Volgens Simonis het hy Dinsdag met sy gehaltespan vergader en so ver as ses maande terug was daar geen positiewe resultate vir listeriose in die fabriek se produkte nie.

Hy het beklemtoon die publiek het “géén rede tot kommer” nie, sou hulle wel produkte van dié fabriek gekoop het.

“Benewens gereelde besoeke en toetse deur onder meer gesondheidsinspekteurs, verseker die HACCP-stelsel dat ons produkte skoon is.”

Volgens Simonis wil die fabriek ook begin om produkte uit te voer en het die ministerie van landbou, water en bosbou se direktoraat vir veeartsenydienste Vrydag tydens 'n uitvoeroudit die groen lig hiervoor gegee.

Nog 'n slaghuis op die dorp het gister by navraag gesê van sy kliënte het bestellings na aanleiding van die aankondiging gekanselleer. Hy sou nou op eie houtjie sy produkte by 'n laboratorium in die hoofstad laat toets om te bevestig die bron van die siekte lê nie by sy slaghuis nie.

Intussen het dr. Lilian Kahuika, mediese epidemioloog verbonde aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, gesê dit gaan goed met die 41-jarige man van Tsumeb wat in die Rooms-Katolieke Hospitaal in Windhoek behandel word.

“Hy is stabiel en stap rond,” het Kahuika gesê. Volgens haar word toetse vir listeriose plaaslik gedoen, met 'n wagtydperk vir uitslae wat wissel van een tot drie dae. Monsters word van die pasiënt se liggaamsvloeistowwe geneem, met 'n kultuur wat gegroei word en onder 'n mikroskoop kan bevestig of die pasiënt positief toets al dan nie.

Dit duur volgens haar normaalweg twee tot drie weke voordat 'n pasiënt simptome van die siekte toon. 'n Baie raar gevalle kan dit tot 70 dae wees. Mense wat die vatbaarste vir die siekte is, sluit swanger vroue en enige iemand wie se immuunstelsel verswak is.

“Siek en bejaarde mense, asook ook babas se immuunstelsel is nie sterk genoeg om teen die siekte te baklei nie.”

Kahuika het voedselhigiëne beklemtoon wat die veilige berging en voorbereiding van voedsel, sowel as skoon hande insluit.

“Vermy ongepasteuriseerde suiwelprodukte. Verhit kouevleise en verwerkte vleisprodukte voordat jy dit eet.”

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het in 'n verklaring gesê persone naby aan die man en wat ook van die worsies geëet het, is reeds vir toetse na die staatshospitaal op Tsumeb geneem. 'n Inspeksie is ook volgens die verklaring reeds uitgevoer by die betrokke slaghuis waar die produkte glo gekoop is.

Intussen het Windhoek Schlachterei, 'n lid van Namibia Dairies en filiaal van die Ohlthaver & List (O&L)-groep gesê sy produkte is veilig vir menslike gebruik.

Mnr. Eduard Keys, hoof van Windhoek Schlachterei, het beklemtoon danksy streng beleidsrigtings, prosedures en standaarde “was ons nog altyd vol vertroue dat ons produkte veilig is”. Die maatskappy het in die lig van die plaaslike geval van listeriose ook 'n onafhanklike evaluering laat doen wat dit bevestig het.

Hartlief het op sy beurt gesê “al ons produkte word onder die strengste voedselveiligheidstandaarde vervaardig”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067