Listeriose is hier
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se waarnemingstelsels is “24/7 in volle swang”.
Henriette Lamprecht - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het sy gesondheidsinpekteurs opdrag gegee om seker te maak alle kleinhandelaars in die land wat verwerkte vleisprodukte soos viennas, frankfurters en polonie afkomstig uit die Enterprise-stal in Suid-Afrika op hul rakke het, verwyder en vernietig dit.
Dít volg nadat ’n man van Tsumeb Maandag in die Katolieke Hospitaal in Windhoek met listeriose gediagnoseer is.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het die 41-jarige man na bewering viennas geëet wat hy op die dorp gekoop het.
Die man is in ’n ernstige, maar stabiele toestand.
Haufiku het in die Nasionale Vergadering (NV) Namibiërs gemaan om vleisprodukte soos viennas, frankfurters en russians te vermy, wat ten spyte van ’n verbod in die buurland steeds hier op die rakke kan wees.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het ’n verbod op die invoer van enige verwerkte vleisprodukte geplaas wat van Enterprise Foods of Rainbow Chickens in Suid-Afrika afkomstig is.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het bevestig die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika is die grootste wat al ter wêreld aangeteken is. Verlede jaar is meer as 700 gevalle aangeteken, met meer as 180 mense wat reeds aan die siekte in die buurland gesterf het.
Haufiku se Suid-Afrikaanse eweknie, dr. Aaron Motsoaledi, het vroeër aangekondig die oorsprong van die dodelike stam van listeriose is as die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane geïdentifiseer wat produkte soos polonie, viennas en kouevleise vervaardig. Alle produksie is gestaak en alle Enterprise-produkte herroep.
“Moet asseblief geen van hierdie produkte uit Suid-Afrika eet nie,” het Haufiku gemaan.
Hy het beklemtoon die ministerie se monitering- en waarnemingstelsels is “24/7 in volle swang”.
“Ons is vol vertroue dat ons in staat is om, ten spyte van verskeie uitdagings, listeriose in Namibië te beheer en te voorkom.”
Die minister het voorts beklemtoon die ministerie sal alles in sy vermoë met die hulpbronne tot sy beskikking, die hulp van ontwikkelingsvennote, Namibiërs en ook die private sektor doen om te verseker niemand sterf aan die siekte nie.
Haufiku het voorts ’n beroep op Namibiërs, inwoners van Tsumeb, maar ook alle dorpe en nedersettings in die land gedoen om waaksaam te bly en onmiddellik by ’n hospitaal of kliniek aan te meld sou hulle simptome van listeriose ervaar.
Die simptome sluit koors, diarree, braking, lyfpyn, kopseer, verwarring en stuiptrekkings in.
Met verwysing na vanjaar se onafhanklikheidsvieringe wat op Tsumeb gaan plaasvind, het Haufiku die versekering gegee sy ministerie werk reeds nou saam met die ministerie van landbou, bosbou en water, asook finansies om te verseker geen program word deur listeriose of enige ander uitbreking in die wiele gery nie.
“Ons het reeds ons omgewingsgesondheidspraktisyns opdrag gegee om alle handelaars te besoek wat dié geraakte produkte verkoop en seker te maak dit word van rakke verwyder en onder streng toesig wat strook met omgewingsbeleidsrigtings en regulasies vernietig.”
Meatco het vroeër in ’n verklaring die versekering gegee nie een van sy produkte hou enige gesondheidsgevare soos listeriose-infeksies in nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie