Links voor die regsbank
Links voor die regsbank

Links voor die regsbank

Die hofsaak van die administrateur van die Rehoboth-dorpsgronde, mnr. Menthol Links, is in die landdroshof op die dorp tot 6 Julie uitgestel.

Me. Doris Hanse-Kaumbi, vir die verdediging, het Dinsdag uitstel versoek vir meer tyd om nuwe dokumente te bestudeer wat sy glo eers die vorige dag ontvang het. Landdros Gibson Imbili het na vele beraadslaging en verdagings haar versoek toegestaan.

Mnr. P.M. Msundano, die staatsaanklaer, het aangevoer dat die hofsaak binne drie dae afgehandel kan word en 14 getuies is in kennis gestel dat die hofsaak vanaf 6 tot 8 Julie sal plaasvind.

Mnr. Links is weens ’n oortreding van die Wet op die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) aangekla.

Die klagte spruit uit vier motorongelukke waarin hy betrokke was nadat hy glo sonder toestemming met raadsvoertuie gery het. Skade aan die vier voertuie beloop glo duisende dollar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!