u2018Likwidasie beste plan teen Air Nam-bloedingu2019
u2018Likwidasie beste plan teen Air Nam-bloedingu2019

‘Likwidasie beste plan teen Air Nam-bloeding’

Die kabinet behoort teen einde September ’n ingeligte besluit oor Air Namibia se toekoms te kan neem.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - As die bloeding by Air Namibia nie deur likwidasie gestop word nie, gaan die nasionale redery vanjaar ’n sowat N$1,9 miljard uit die staatskas opslurp. N$1,4 miljard hiervan is onbegroot.

Dit sal die beraamde begrotingstekort vir 2019-’20 van 4,1% tot tussen 5,6% en 5,8% van die bruto binnelande produk (BBP) opstoot. Die land se nasionale skuldlas sal van die geskatte 48,9% van die BBP in die huidige boekjaar tot ’n onvolhoubare 51% of 52% spring, sê die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein.

“Hoe gouer Air Namibia gelikwideer word, hoe beter,” meen hy.

In hierdie stadium oorweeg die regering nog die vier toekoms-opsies wat Schlettwein sowat twee maande gelede in ’n ontledingsdokument oor die onvolhoubaarheid van Air Namibia aan die kabinetskomitee op tesourie voorgelê het.

Daarvolgens het die nasionale redery die opsie om aan te gaan soos nou en die belastingbetaler die volgende drie jaar ’n verdere N$3,5 miljard te kos of om ’n valskermplan te ontplooi waarin die regering N$2,5 – N$3,3 miljard in Air Namibia pomp.

Plan nommer drie is ’n nuwe sakeplan en -strategie van N$4,1 miljard, en opsie vier is om Air Namibia te likwideer en ’n nuwe redery te begin wat net winsgewende plaaslike en streeksroetes bedien.

As die regering op laasgenoemde opsie besluit, sal die finansiële verliese tot sowat N$2,5 miljard beperk kan word, sê Schlettwein.

Sy dokument toon die regering het in die 20 jaar tussen 1999 en 2019 ’n onvolhoubare N$8,3 miljard in die nasionale rederye gepomp.

Intussen het mnr. Leon Jooste, die minister van staatsondernemings (SOE’s), uit Minneapolis in die Verenigde State van Amerika aan Republikein gesê hy en sy span sal teen einde September gereed wees om “genoegsame inligting vir ’n ingeligte besluit” aan die kabinet te kan voorlê.

Hy het Donderdag vergesel van amptenare van die ministerie van werke en vervoer, asook regslui van die prokureur-generaal se kantoor met Castlelake Aviation vergader oor die huurkontrakte tussen die nasionale redery en dié vliegtuigverhuring- en finansieringsmaatskappy vir vyf van die Airbus-vliegtuie in die nasionale vloot.

Air Namibia is tans in jaar ses van ’n 12 jaar-kontrak vir die verhuring van die twee Airbus A330-200’s wat op die Frankfurt-roete vlieg.

Jooste sê dit kos die nasionale redery maandeliks US$1,1 miljoen per vliegtuig – dus N$33,66 miljoen vir die twee saam. “Die totale verliese op die Frankfurt-roete is egter heelwat hoër.”

LIG IN DIE TONNEL

Lig in die tonnel is dat die die finansieringstermyn vir die drie Airbus A319-100’s op die Castlelake-kontrak in onderskeidelik Desember 2019 en Junie 2020 ten einde loop.

“Dié vliegtuie is dus nie in hierdie stadium ons groot probleem nie, maar wel die A330’s. Die regering het waarborge verskaf vir die transaksies en dit beloop N$2,4 miljard. Hierdie is soewereine waarborge wat eerbiedig sal moet word,” sê Schlettwein.

Volgens Jooste was die doel van die besoek aan Castlelake “nie soseer om te kyk of Air Namibia uit die kontrak kan kom nie, maar eerder wat die koste daaraan verbonde sal wees”.

“Die kontrakte word deur regeringswaarborge ondersteun. Sodra ons weet wat die gepaardgaande kostes gaan wees, kan ons meer ingeligte besluite neem.”

Jooste sê hy persoonlik glo daar is bestaansreg vir ’n nasionale redery. “Die binnelandse roetes is spesifiek belangrik en inligting wys dat Air Namibia met die regte vloot winsgewend kan wees op streeksroetes.

“Ons is tans besig om te bereken wat die koste sal wees om Air Namibia oor te skakel na ’n lewensvatbare, vaartbeleinde besigheid en dit te vergelyk met die kostes en implikasies om eerder ’n nuwe Air Namibia te begin sonder al die historiese laste,” het hy per WhatsApp uit Amerika gesê.

Benewens die vyf vliegtuie op die Castlelake-kontrakte, beskik Air Namibia oor ’n vierde Airbus A319-100 en vier Embraer ERJ 135's.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!