Ligte aardbewing tref Windhoek

07 December 2017 | Omgewing
Elvira Hattingh



'n Aardbewing is Maandag net ná 20:00 in Windhoek deur 'n enkele seismografiese stasie waargeneem.

Volgens 'n verklaring deur die ministerie van myne en energie se geologiese opname het geen ander stasies in die Namibiese seismologiese netwerk die aardbewing waargeneem nie, wat beteken dit is nie moontlik om die ligging of sterkte daarvan te bepaal nie. Volgens 'n verklaring wat gister deur die Geologiese Opname uitgereik is, was die bewing baie afgesonderd en is dit die rede waarom slegs die stasie in Windhoek dit waar­geneem het. 'n Minimum van drie seismologiese stasies moet 'n bewing opvang voordat daar genoegsame data is om vas te stel waar die episentrum was asook hoe sterk dit op die Richterskaal gemeet het.

Soortgelyk

 

Haufiku ontken uitbetaling van N$1 miljard

4 ure gelede | Gesondheid

Berigte dat die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku N$1 miljard aan ongeregistreerde verskaffers betaal het wat ook nie geregistreer was om...

Naam van man bekend wat in ongeluk sterf

10 ure gelede | Ongelukke

Die 41-jarige man wat Donderdag in ’n ongeluk op die Outjo-Otavi-grondpad gesterf het, is as Smit de Wet Louw identifiseer. Die kop-teen-kop-botsing wat sy lewe...

Khomasstreek oor grondeienaarskap

21 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - “Buitelanders se plase moet outomaties onteien word en boere moet tot 50% eienaarskap van hul plase aan plaaswerkers afstaan ten einde grondhervorming...

Windhoek 'in gróót moeilikheid'

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Terwyl die verbruiker voortaan tot 300% meer vir sekere dienste moet opdok, het die stadsvaders van die Windhoekse munisipaliteit (CoW) pas ’n...

Weer vir 20 Julie 2018

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Zambezi-, Kavango- en oostelike streek. Elders sal dit sonnig en matig tot warm wees. Dit sal...

Reho se /Uirab ‘in die pad gesteek’

21 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, het agt maande van sy termyn tuis deurgebring./Uirab, wie se laaste werksdag vandag is,...

Kalender 13 Julie

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Anin Namibia bied tans ’n uitstalling in die Omba-galery aan. Hierdie keer het hulle groepsborduurprojekte en maatskappye genooi om deel te...

Siba sprankel by ekspo

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Eet, smul en knaag bly maar hoogtepunte in baie van ons se dag. Vir sommige is dit ’n uitdaging om kos te maak en ander...

Kortbroektreffers uit Rocco se pen

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Die bekroonde en uiters begaafde pianis Rocco de Villiers is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer met ’n Afrikaanse...