Ligstrale van Privaatskool Sunshine
Octavia Tsibes
Die Privaatskool Sunshine het in 2010 as ’n nasorg- en voorskoolsenrum begin en twee jaar later is die primêre skool-afdeling bygevoeg.
Vandag spog die skool met 1 992 leerlinge en 91 onderwysers. Hoewel dit nog nie eens ’n dekade oud is nie, word daar jaar na jaar goeie uitslae opgelewer. Met tussen 19 en 21 leerlinge in 'n klas, is dit vir die onderwysers veel makliker om individuele aandag aan leerlinge te skenk.
Die skool is gegrond op Christelike waardes en die leuse is “Die eindresultaat bekroon die werk”. Die skool het elke jaar ’n tema en vanjaar s’n is uit Jesaja 40:31 geneem.
Januarie vanjaar het die skool na ’n groter perseel getrek omdat dit uit sy nate begin bars het. “Dit is een van die groot stappe wat die skool gedoen het en dit was voorwaar die moeite werd,” sê die departementshoof, mnr. Norman Tivatyi.
“Die nuwe gebou huisves alle leerders, die klaskamers is groot genoeg, die gebou is oorgeverf en sommige klaskamers het lugversorging.”
Pleks van letters vir elke graad, word eerder van verskillende kleure gebruik maak
Een van die vakke aangebied word, is Frans, onder leiding van me. Ellaine Champion.
Die hoofseun, Frans Kathindi, is vanjaar in graad 7 en die afgelope drie jaar deel van die leiersraad.
“Privaatskool Sunshine bied goeie onderwys aan die Windhoek-gemeenskap en ek is baie bevoorreg om hier te wees,” sê Kathindi. Verder sê hy die leerlinge is baie lief vir hul onderwysers en vir mekaar.
Nóg ’n goeie ambassadeur is die hoofmeisie, Renee Nyazika, wat reeds van graad 1 by skool is. Sy ken almal en almal ken haar. “Om in die leiersraad te wees, beteken nie noodwendig jy is gewild nie, maar hoe goed jy die skool ken en hoe jy jouself gedra,” sê sy.
Die skool is soos ’n familie en die basis wat deur die skool gevestig is, is perfek vir diegene wat graag wil sien hul kinders vaar uitstekend in hul skoolwerk en hul skoolloopbaan.
“Privaatskool Sunshine is die beste opsie,” sê Tivatyi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie