Ligloop vir swendelaars
Ligloop vir swendelaars

Ligloop vir swendelaars

Bewusmakingsveldtogte duur voort in 'n poging om Namibiërs se bankrekeninge te beveilig.
Augetto Graig
Augetto Graig



'n Reeks video's en tekenprente is gister bekend gestel om bankbedrog te help bekamp.

Dit vorm deel van die Vereniging vir Betalings in Namibië (PAN) se veldtog teen bedrog, wat vroeër vanjaar met 'n radioveldtog afgeskop het, wat die Duitse Ontwikkelingsagentskap (GIZ) met N$135 000 geborg het.

PAN hanteer aangeleenthede wat ­betalings tussen banke raak, asook betalingsklarings en banke se verpligtinge binne die nasionale betaalstelsel.

Hul veldtog poog om Namibiërs in te lig van die gevare van kitsbankmisdaad, depositobedrog en telefoniese bedrog.

Die kort video's is plaaslik vervaardig deur Jumper Innovations en die tekenprente deur mnr. John Muhongo.

PAN sal dit op hul sosiale media-bladsy en webwerf plaas, en vennoot­skappe sal die inhoud ook in banke en op TV beskikbaar maak.

“Ek moedig almal aan om kennis te neem van die wenke en raad wat ons bied en om dit toe te pas,” het me. Saima Herman, PAN se regulasiebestuurder, gesê.

Mnr. Asser Alfeus, PAN se finansiële­ en administrasiebestuurder, sê die vinnige verandering wat ontwikkelende tegnologie meebring, bepaal ook die tipe lokvalle wat skelms deesdae stel.

“Misdadigers raak gespesialiseerd en die publiek moet meer bewus daarvan wees. Baie besighede ly miljoene se verliese. Dit is belangrik om by te bly omdat mens nooit sal weet waar of wanneer bedrog kan gebeur nie. Finansiële misdaad ontwikkel ook,” het hy gesê.

“Bedrieërs ontwikkel gesofistikeerde metodes en tegnieke,” sê hy.

Soms kom hulle uit die teikenmaatskappy se boekhoustelsel en verstaan hulle goed hoe dinge daar gedoen word.

“Wees verantwoordelik en nooit desperaat nie. Kennis is mag en voorkoming is beter as genesing,” het hy gesê.

Me. Elina Nghishishi, betalingsontleder by PAN, sê afhanklikheid van moderne tegnologie skep nuwe geleenthede vir skelms.

“Enige ingeligte persoon is minder kwesbaar vir bedrog en misbruik,” het sy gesê.

“As dit te goed lyk om waar te wees, is dit waarskynlik nie waar nie. Wees waaksaam. Moenie haastig wees nie. Verifieer die aansoek en moenie sensitiewe inligting deel nie,” het sy gesê.

Bank Windhoek het onlangs sy eie veldtog van stapel gestuur, spesifiek teen misdadigers wat slagoffers bel en oortuig om sensitiewe inligting te deel.

“Die toename in gevalle waar bedrieërs met kliënte praat en hulle oortuig hulle praat met iemand van Bank Windhoek het die bank genoop om al sy elektroniese kanale se stelsels te verbeter,” het die bank se woordvoerder, mnr. Samuel Linyondi, gesê.

Plakkate is sedert 9 September by Bank Windhoek-takke landswyd opgesit om kliënte bewus te maak van hoe hierdie lokvalle werk. Dié misdadige praktyk staan in Engels as vishing.

“Dit behels dat bedrieërs slagoffers by 'n vriendelike en hulpvaardige telefoniese gesprek betrek, waartydens hulle beweer hulle bel van jou bank en wil hulp verleen met die opgradering van 'n mobiele toep of die verbetering van sekuriteit.

“Daar's ook 'n gevoel van dringendheid aan hierdie oproepe. Die bedrieër­ sal jou meedeel jou rekening kan in die gedrang kom as jy nie dadelik opgradeer nie,” het mnr. Riaan Viljoen, inligtingsveiligheidspesialis in die ­Capricorn-groep, gesê.

“Bedrieërs sal voorgee hulle is vertroud met die bank se personeel of inligting. Só word slagoffers aangemoedig om die gesag en mandaat van die oproepmaker te vertrou. Slagoffers word versoek om inligting op die mobiele toep in te voer of om inligting te deel of deur te stuur deur op 'n SMS te reageer.

“Moet nooit dié instruksies volg nie. Moenie die PIN-kode wat u via SMS ontvang, deel nie. Hierdie PIN-­kodes word slegs geaktiveer wanneer 'n ­transaksie op u rekening plaasvind. As u nie met 'n transaksie begin het nie, moenie help om dit te voltooi nie,” het Viljoen gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!