Ligloop vir motorswendelary
Ligloop vir motorswendelary

Ligloop vir motorswendelary

Misdaad
Kristien Kruger
’n Onlangse misdaadverslag van die Namibiese polisie waarsku die publiek teen ’n sindikaat wat goedkoop motors onder valse voorwendsels op sosiale media adverteer.
Die swendelaars gebruik Facebook-groepe soos “Cars less than N$15 000 to N$20 000” of “Second Hand Cars For Sale in Namibia” om die motors te adverteer.
Volgens die verslag behoort die motors nie aan die valse verkopers nie en die motoreienaars is nie bewus dat hul motors geadverteer word nie.
Wanneer ’n voornemende koper bel, maak die swendelaar asof hy tans uitstedig is en asof besigtiging van die voertuig gevolglik nie moontlik is nie. Hierna oortuig die swendelaar glo die koper om ’n deposito te betaal om die motor vir tyd en wyl te reserveer.
Volgens die polisie dring die swendelaars dadelik betaling op via selfoonbetaling aan (e-wallet, Easy Wallet of Blue Wallet), eerder as oorbetalings na ’n naspeurbare bankrekening.
“Die name en kontakbesonderhede wat op Facebook verskaf word, is vals en die swendelaars gebruik verskillende kontaknommers wat hulle deurlopend ontkoppel.
“Ons doen ’n beroep op die publiek om waaksaam te wees en versigtig te wees vir elektroniese verkoopstransaksies van dié aard,” lui die verslag.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!