Liggame van vier meisies in Oranje gevind
Al vier die liggame van die tienermeisies wat Sondagnamiddag in die Oranjerivier verdrink het, is gister gevind.
Dit is vanoggend deur hoofinspekteur Coleen Brandt van die Namibiese polisie in die ||Kharasstreek bevestig.
“Die meisies se liggame het deur die loop van die dag gister uitgespoel. Die laaste een is laatnamiddag gevind. Hul liggame is ‘n entjie af in die rivier waar hulle in ‘n sterk stroom verdrink het, gevind,” het Brandt vanoggend aan Republikein gessê.
Volgens haar is die die meisies (17, 16, 15 en 13) se ouers plaaswerkers uit die Noorde op die plaas Aussenkehr.
Die slagoffers se name kan nog nie bekend gemaak word nie, "want hul ander familielede in die Noorde is nog nie van hul dood ingelig nie".
Volgens Brandt het die vier meisies Sondag saam met hul famillies in die rivier gaan swem en omstreeks 17:18 verdrink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie