Liggaam van vierjarige gevind

05 July 2020 | Ongelukke
Die liggaam van 'n vierjarige meisie van Swakopmund is gevind wat Saterdag op die kusdorp verdrink het. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie vir die Erongostreek adj. komm. Erastus Ikuyu was die meisie saam met haar ma, broer en ‘n nefie (albei vyf jaar oud) en nog ‘n vrou op die strand by ‘n parkeerterrein naby die Platz Am Meer-inkoopsentrum in Vineta

Die meisie, haar broer en nefie het naby die water gespeel. Volgens haar ma het sy ‘n sterk brander gesien wat haar dogtertjie die see in gesleep het. Sy het die see ingestorm en haar dogtertjie probeer red, maar was egter onsuksesvol.
Volgens Ikuyu het die meisie se ma ook byna verdrink maar kon sy gered word.

“Duikers het later op die toneel die meisie se liggaam dieper die see in sien dryf, etlike meters van waar sy verdrink het,” het hy gesê. Sy het egter onder die branders verdwyn en haar liggaam is later deur lede van die Tamariskia Buurtwag op die dorp noord van die winkelsentrum gevind.

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...