Liggaam van 10-jarige spoel naby Henties uit
Tanja Bause
Die liggaam van die 10-jarige Lee-Wayne Delwin Nanubeb, wat verlede Woensdag by Hentiesbaai verdrink het, het omtrent 12 km noord van die dorp uitgespoel.
Sy ma het die liggaam uitgeken wat na die polisielykshuis vir 'n nadoodse ondersoek geneem is.
Die oorledene en vier ander seuns tussen ses en 10 jaar oud het Woensdag in die see gaan swem toe hulle om 14:00 dieper die see ingetrek is.
Die 14-jarige Dylan Davey !Gaoseb, wat op die strand gestap het, het hulle te hulp gesnel.
Hy het twee van die seuns, onder wie die sesjarige, gered. Die ander twee seuns kon self uitswem, maar Nanubeb het verdrink.
In 'n onderhoud met Nampa het !Gaoseb vertel hy het gesien die kinders in die water het hulp nodig.
Hy het sy klere onmiddellik uitgetrek en in die water ingehardloop.
Hy het een seun uitgehelp en teruggegaan om nog een uit te help.
!Gaoseb het besef hy het nie genoeg tyd om weer in die water in te gaan nie, en het toe gehardloop om die nooddienste se hulp te kry.
Teen die tyd dat hulle opgedaag het, kon twee van die seuns self uitswem.
“Dit was moeilik omdat die seuns ver van mekaar af was en in die diep, rowwe see was,” het hy gesê.
“Ek moes van die een na die ander swem en soms kon ek net 'n kop in die water sien. Die sesjarige seun was bewusteloos teen die tyd dat ek hom uitgetrek het.”
Paramedici het aan die polisie gesê die seun het nie asemgehaal toe hulle by die toneel opgedaag het nie, maar hulle kon daarin slaag om hom by te bring.
Hy is intussen uit die staatshospitaal op Swakopmund ontslaan.
Volgens !Gaoseb het hy om hulp geroep, maar die mense op die strand kon nie swem nie en kon dus nie help nie.
Dié dapper jong seun woon by sy ouma en het verlede jaar graad 7 aan die Junior Sekondêre Skool Kamwandi op Hentiesbaai voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie