Lied van verlossing uit pandemie gebore

22 April 2021 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis



Trevor Malgas, 'n ­gospelsanger en Namibiese boorling, maak môre sy toetrede tot die internasionale musiekmark met sy eerste enkelsnit, “Jesus Red My”.

Dié oud-Windhoeker sê sy ­geboorteland en grootword­jare in Namibië, en bowenal sy geloof, bly vir hom 'n bron van inspirasie.

Die gospelkunstenaar het sy debuutenkelsnit in Johannesburg opgeneem, waar hy tans saam met sy gesin woon.

Met dieselfde toewyding en ywer waarmee hy sedert sy kinderdae saam met gospelgroepe optree, en as deel van die Nasionale Jeugkoor van Namibië die gehore op wêreldtoere bekoor het, het hy hierdie projek aangepak.

Hy vertel die lied is ­gedurende die Covid-19-pandemie gebore, “in 'n seisoen toe tyd en ­gesondheid ons ­grootste bate was. Covid-19 het ons baie duur lesse kom leer, waarvan die ­belangrikste is dat ons gesonde verhoudings met ander en met ons Skepper moet ­handhaaf.”

Trevor sê vir hóm is dit meer as net 'n lied, “dit is 'n boodskap dat Christus red en verlos. Die prys wat Hy op Golgota betaal het, was vir jou en vir my.”

“Jesus Red My” word môre op alle digitale platforms vrygestel.

[email protected]

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

6 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

6 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

6 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

6 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

6 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

6 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

6 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

6 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...