Lida-Mari laat Namibiese vlag wapper
Muurbal
Vier van Namibië se voorste junior muurbalspelers het vroeg vandeesmaand in Suid-Afrika aan die Paarl Junior Ope toernooi deelgeneem waar hulle van die bestes van die buurland ontmoet het.
Lida-Mari Calitz (Windhoek Afrikaanse Privaatskool) het die o.19-afdeling gewen.
In haar opmars na die eindstryd het sy die tweede én vyfde gekeurde meisies van die Boland geklop en ook met Suid-Afrika se topgekeurde o.14-speler klaargespeel.
In die o.16-afdeling het Arno Diekmann (Windhoek International School) die elfde posisie behaal. Hy het ook die geleentheid gehad om teen die eerste gekeurde o.14-seun van die RSA te speel waar hy hom goed van sy taak gekwyt het. Hoewel Diekmann die kragmeting met 9-11, 4-11, 9-11 verloor het, kon hy wys dat Namibië ook sterk ontluikende mededingers oplewer.
Henko Knipe (WHS) en Benetton Calitz (WAP), beide o.16, het onderskeidelik 17de en 21ste geëindig.
Die duo het slegs een wedstryd in die openingsronde verloor wat hulle outomaties na die laer afdeling laat afskuif het.
Die oorblywende drie botsings het die twee seuns egter goed gewen.
Altesame 34 onder 16-seuns het in dié ouderdomsgroep meegeding waar Calitz, Diekmann en Knipe hul man in uitgelese geselskap kon staan.
Dié toernooi was een wat gebruik word om spelers se posisie op die Suid-Afrikaanse ranglys te bepaal. Spelers het op eie onkoste daarheen gereis en hul toewyding en uitslae is ''n bewys dat Namibiërs met
die nodige blootstelling en afrigting op internasionale vlak kan meeding.
Die spelers bedank die Paarl muurbalklub vir die moeite wat gedoen is om hulle te ontvang en hul besoek so gerieflik moontlik te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie