Lichtenstrasser u2018tot enigiets in staatu2019
Lichtenstrasser u2018tot enigiets in staatu2019

Lichtenstrasser ‘tot enigiets in staat’

Erwin Leuschner – Dit is buite die kwessie.

Só het die ondersoekbeampte insp. Reinhardt Maletzky oor die moontlikheid van mnr. Ernst Lichtenstrasser se vrylating op borgtog gesê.

Nie net is Lichtenstrasser ’n vlugrisiko nie, maar hy kan ook getuies beïnvloed en is boonop ’n gevaar vir alle werknemers van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt), aldus Maletzky.

Hy het in sy getuienis tot die slotsom gekom Lichtenstrasser is ’tot enigiets in staat’.

Die ondersoek is glo in ’n sensitiewe stadium omdat nog mense in verband met die saak ondersoek word en in hegtenis geneem kan word.

Maletzky is sedert Maandag in die getuiebank.

Hy het herhaal verskeie ernstige bewyse bestaan teen Lichtenstrasser, wat sedert sy inhegtenisname in April in aanhouding is.

Hy word van die dubbele moord op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla.

“Dit is waar dat daar geen ooggetuies is wat die moord gesien het nie, maar die forensiese bewyse teen die beskuldigde is net te veel,” het Maletzky gesê.

Die ontdekking van die moordwapen wat in die woestyn begrawe was, is een van die bewyse, sê hy.

Die wapen is per toeval op ’n plek gevind wat Lichtenstrasser in sy skuldbekentenis uitgewys het – iets waarvan die polisie volgens Maletzky nie sou weet nie.

Afgesien daarvan het die polisie intussen patroondoppies getoets van die 9 mm-pistool wat by die moordtoneel ontdek is, asook by ’n skietbaan naby Outjo waar Lichtenstrasser gereeld geoefen het, en by Lichtenstrasser se woonstel in Otavi.

“Die patroondoppies stem met mekaar ooreen.”

Lichtenstrasser het Mueller volgens die ondersoekbeampte lank voor die moord reeds gedreig.

Hy het vir Mueller glo skriftelik gewaarsku “om met een oor oop te slaap” en het tydens veelvuldige gesprekke met verskeie mense op Tsumeb sy ontevredenheid met Mueller se bestuurstyl by Nimt bespreek.

Maletzky sê Lichtenstrasser het vir ’n kennis op Tsumeb gesê Mueller moet “verwyder” word.

Daarbenewens het Lichtenstrasser ná sy inhegtenisname in gesprek met die polisie “vreemde” en “twyfelagtige” goed gesê, sê hy.

Onder meer dat alles “verkeerd geloop” het en dat hy weet wie die moorde gepleeg het.

Die beskuldigde het volgens Maletzky ook tydens ’n gesprek met ’n ander ondersoekbeampte gesê hy is die skieter en dat hy wil die polisie nie mislei nie.

Die staatsaanklaer me. Antonia Verhoef en Lichtenstrasser se prokureur, mnr. Trevor Brockerhoff, het hul slotbetoë vir die borgtogaansoek aangebied.

Regter Conchita Olivier het die saak tot 24 Julie uitgestel.

Sy sal dan besluit of borgtog toegestaan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!