Libstar wil joghurt-oorlog begin
Libstar wil joghurt-oorlog begin

Libstar wil joghurt-oorlog begin

Die Suid-Afrikaanse voedselvervaardiger Libstar gaan ’n nuwe reeks joghurt bekend stel in ’n poging om markaandeel van Danone en Clover te wen.

Andries van Rensburg, uitvoerende hoof van Libstar, sê die joghurt en joghurtskommels gaan in Julie deur Libstar se Lancewood-eenheid bekend gestel word.

Joghurtvervaardigers bemark hul produkte toenemend as ’n gesonde en voedsame kossoort of skommel wat gerieflik as peuselhappie genuttig kan word. Dit sluit aan by die stygende vraag na geriefskos.

Libstar het in Mei op die JSE genoteer en sedertdien het sy aandeelprys met 20% geval – teenoor die indeks van alle aandele se styging van 1% oor dieselfde tydperk.

Sy verkope het in 2017 met 10% tot R8,8 miljard gestyg.

“Ons beoog om ons markaandeel wesenlik te verhoog met ons nuwe reeks joghurt,” sê Van Rensburg.

Libstar het die afgelope jare talle verkrygings gedoen, waaronder die verkryging van Sonnendal Dairies in 2017.

Hy wil in die mark vir geriefskos uitbrei en het verlede jaar Millennium Foods verkry met die oog hierop.

“Verbruikers raak al hoe besiger. As hulle by die huis kos maak, wil hulle klaarbereide bestanddele koop. Geriefskos is dus ’n groot tendens,” sê Robin Smith, handelsdirekteur.

Geriefskos het ’n hoër winsmarge en dié deel van die mark word deur Woolworths oorheers, terwyl Checkers ook begin het om sy aanbod van geriefskos uit te brei.

Libstar wil ook sy produkte aan die voedseldienstebedryf uitbrei deur voorbereide etes soos lasagne aan kroeë, hotelle en restaurante te verskaf.

“Ons beskou dit as ’n groot groeigebied,” sê Smith. – Reuters

Grootste aandeelhouer in die sop

Die grootste aandeelhouer in Libstar is die Abraaj-groep van die Midde-Ooste met sy hoofkantoor in Dubai.

Die Abraaj-groep is die week in die nuus weens beweringe van beleggersgeld wat wanbestee is.

Abraaj hou ’n belang van 32,8% in Libstar, wat onder meer Denny-sampioene en Lancewood-kaas besit. Libstar se filiale verskaf ook vleis aan McDonald’s in Suid-Afrika, baie van Woolworths se eienaamprodukte en geriefsmaaltye vir Shoprite Checkers.

Voor Libstar se notering in Mei, het Abraaj 70,93% van Libstar besit. Sy belang is deur die notering verwater.

Wahid Suleiman Hamid, ’n vennoot van Abraaj Capital, is ’n direkteur van Libstar. Sandeep Khanna, ’n senior adviseur van die Abraaj-groep, is ook ’n direkteur. - Bygewerk deur Nellie Brand-Jonker/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!