Lewenslesse op oom Jan se stoep

17 September 2020 | Rubrieke
“Dit sal nie die eerste of laaste keer wees wat ons van voor af moet begin nie. Baie van ons voorsate het dit gedoen, wéér en wéér.

“Gaan lees jou geskiedenis.” Sy oë in die rooi sand se vertes.

Ons almal ken hom. Daai groot man in wie se teenwoordigheid jy stil word, die ene ore word. Jou siel slurp elke woord op wat hy uiter.

“Dis nie regverdig nie,” pols ek.

“Dit was nog nooit regverdig nie.” Intelligente oë wat die wêreld onderdeur die woeste rooi wenkbroue betrag.

Daar is so min van hulle oor. Die laastes kruip in die uithoeke van die Kalahari weg. Daar waar g’n ander mens dit kan waag nie, want jy sal omkom in die verskroeiende son en die pendorings en duwweltjies wat slegs vir sy groot vellieskoene wegdeins.

Maar oom Jan doen dit al 70 jaar lank – hiérdie.

“Maar ons moet iets doen, Oom Jan! Ons kan gaan stem, betoog, hulle hof toe sleep. Dis ’n magsvergryp, oëverblindery, belaglik!”

Op Kameeldoringdraai word koffie aangedra, middagete is 12 uur en hier word jou wysheid deur die natuur geslyp.

“’n Vegtersgees is altyd goed. Daarsonder sou niemand nêrens gekom het nie.

“Maar dink bietjie, is dit regverdig vir die skaaplam om te vrek as God nie die reën stuur nie?

“Niks is regverdig nie. Ook is jy nie in beheer nie. Vertoef maar net tyd op jou knieë en gebruik jou hande om te verrig wat menslik moontlik is.

“Dis al.

“Hoe vinniger mense dit verstaan, hoe vinniger sal dit beter met ons almal gaan,” meen hy.

Die growwe plaashande vroetel aan sy ruwe rooi baard. Hande wat steeds elke dag ’n woestynland tem, uit die barre aarde kos produseer. Hande wat sonvlekke soos eretitels dra. Hy kén van veg teen die elemente van hierdie barre woestynland.

Wie sou nou dink die Kalahari-oom het raad oor ’n pandemie se nasleep, oor mense wat alles verloor het of die korrupsie van magbeheptes?

“Ons sal die prys betaal. Iemand moet, my kind. Dit beteken nie jy mag ophou baklei nie.

“Regverdigheid is net nie deel van dáái som nie. Wat wel die som maak, is of jy weer opstaan as jy val. En jou moue oprol en weet waar jou kragte vandaan kom.”

Die Oom Jan’s van die wêreld het skynbaar onrelevant vir die wêreld geraak, so met sy pyp wat rustig in die hoek van sy mond rus. Ten spyte daarvan dat hy diepe wysheid besit wat méér ore goed sou doen.

“Die geheim is om daardie fights te fight waarin jy die kans staan om te wen.

“Daar is ’n verskil tussen opgee en te besef genoeg is genoeg. Jy weet, verander wat jy kan en vir die res – maak maar vrede. Weet wanneer om bes te gee,” sê hy, sy oë in die rooi sand se vertes.

“Maar ás jy ‘n kans staan op wen én die prys dit vir jou werd is, dan my kind, dan moet jy byt soos ’n terriër en nie los waar jy vat nie.

“Dis al.”

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

7 ure gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

7 ure gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

7 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

7 ure gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

7 ure gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

7 ure gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...