Lewenslank vir moord op bejaarde vrou
Die hoërhofregter meen die vonnis moet ’n sterk boodskap teen geslagsgeweld uitstuur.
Francoise Steynberg - Hoërhofregter Nate Ndauendapo het Jan Fredericks (29), wat ’n bejaarde onderwyser op Keetmanshoop vermoor het, gister lewenslank tronk toe gestuur.
Fredericks se vonnis kom sewe jaar ná die aanval op me. Magrietha Thirion (64) in haar huis op die Suidedorp.
Fredericks het Thirion op 6 November 2012 met ’n houtpaal oor die kop geslaan.
Sy is van Keetmanshoop af na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas waar sy die volgende dag aan ernstige hoofbeserings beswyk het.
Ndauendapo het die moordenaar op 16 Oktober in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind op twee klagte van moord met voorbedagte rade en roof met verswarende omstandighede. Volgens bewyse het Fredericks die slagoffer van beddegoed, ’n selfoon en ’n skootrekenaar beroof.
Die regter het die moordenaar tot 15 jaar tronkstraf vir moord met voorbedagte rade én vir roof met verswarende omstandighede gevonnis, wat gelyktydig uitgedien sal word.
“Die beskuldigde het geen berou tydens sy sewe jaar in aanhouding getoon nie. Die hof moet ’n sterk boodskap uitstuur dat diegene wat aan misdaad teen vroue skuldig bevind word, swaar gestraf sal word,” het Ndauendapo gemaan.
‘WEERLOSE VROU’
“Die oorledene was ’n bejaarde, onskuldige en weerlose vrou wat haarself nie kon verdedig nie en aan die hand van die beskuldigde gesterf het,” het die regter gesê.
“Sy is met ’n houtpaal oor die kop geslaan en net so gelaat om dood te gaan. Die pyn wat sy moes deurmaak, moes ondraaglik gewees het. Die beskuldigde se optrede teen ’n bejaarde is ongelooflik.”
Fredericks het drie vorige diefstaloortredings, het net tot graad 10 skoolgegaan en daarná by Agra op Keetmanshoop begin werk.
Hy is enkellopend en die pa van twee kinders.
Fredericks sal sy tronkstraf in die Windhoek Sentrale Gevangenis uitdien waar hy in aanhouding was.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie