Lewendehawebaas 'n tevrede man
Lewendehawebaas 'n tevrede man

Lewendehawebaas 'n tevrede man

Die groot- en kleinveebeoordelings tydens die Windhoek Skou is vanjaar goed deur die publiek bygewoon.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die koördineerder van die lewende hawe by die Windhoek Skou, mnr. Hennie Kruger, is 'n tevrede man.

Hy sê die inskrywings vir vanjaar se Windhoek Skou het nie net “baie opgetel” ná die droogte nie, maar beoordelings is ook goed bygewoon.

“Verlede Sondag toe die Simbras nasionale kampioenskappe aangebied het, was daar meer toe­skouers as ooit tevore. Dit was 'n uiters besige dag met die meeste besoekers wat ek nog ooit hier gesien het.”

Kruger sê die besluit om die grootveeprogram te verkort en die rasbeoordelings reeds die eerste Saterdag en Sondag van die skou aan te bied, werk goed. “Die eerste skounaweek val met die einde van die maand saam en baie mense besoek dan die skou. Voorheen het die beoordelings op 'n Maandag en Dinsdag geskied wanneer Windhoekers by die werk is en dit nie kan bywoon nie.

Hy meen egter daar sal in die toekoms “ernstig” na die skoudatums op die onderskeie dorpe gekyk moet word. “Die datums bots te veel en dit word 'n al groter probleem vir die telers wat met hul diere skou,” sê hy.

Volgende jaar bied die Simmentalers en die Brahmane nasionale kampioenskappe aan en Kruger sê hy verwag 'n reuse-opkoms.

Kruger, wat al 11 jaar die lewendehawelogistiek by die skou behartig, sê die borge se bydrae is “geweldig groot”.

“Ek wil ook die telers bedank wat die opoffering maak om met hul diere te kom skou. Die voorbereiding daarvoor begin al maande voor die tyd.”

Hy sê hulle is vir lang tye van die plaas af weg en dit kos hulle boonop baie geld.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!