Lewende ietermagu00f4, luiperdvelle gekonfiskeer
Lewende ietermagu00f4, luiperdvelle gekonfiskeer

Lewende ietermagô, luiperdvelle gekonfiskeer

Francoise Steynberg
Beslag is verlede week op een lewende ietermagô, een leeu- en drie luiperdvelle gelê.

Volgens die wildmisdaadverslag vanaf 27 Julie tot 2 Augustus van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam agt verdagtes in hegtenis geneem en drie sake aanhangig gemaak.

Vier Namibiese mans, mnre. Sageus Asino, Martin Uupindi, Inocke Ndjake en Sirongo Daniel, is Saterdag in Katutura in die hoofstad glo met drie luiperdvelle in hul besit in hegtenis geneem.

Nóg 'n Namibiese man, mnr. Kudumu Nyambe Namukuka, is op 28 Julie op Katima Mulilo met 'n leeuvel in sy besit vasgetrek.

Twee Namibiese mans, mnre. Cleophas Vetjomisa Kamburona en Stephen Ngairo, is op 27 Julie glo met 'n lewende ietermagô in hul besit in Windhoek in hegtenis geneem. Die volgende dag is mnr. John Joseph Taukondjo, ook 'n Namibiër, in dieselfde saak vasgetrek.

Hulle word ook van regsverydeling aangekla, asook dat hulle hulself teen inhegtenisneming verset het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!