Lewende hawe se kwellinge op hoë vlak bespreek

06 July 2021 | Landbou
Verteenwoordigers van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), asook die president en uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnre. Piet Gouws en Roelie Venter, het verlede week 'n virtuele vergadering met die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, gehou.

Die NLU sê in sy nuusbrief die doel was om belangrike sake betreffende die lewendehawebedryf met hom en sy amptenare te bespreek.

“Die LPO en NLU is die geleentheid gegee om die minister in te lig oor die aktiwiteite waarmee die organisasies besig is, asook om weer die bekommernisse en probleme wat in dié sektor ervaar word, met hom te bespreek en oplossings te soek,” sê die unie.

“Die LPO en NLU het weer eens hulle ondersteuning aan die minister gegee vir sy visie om landbou te laat groei en het die versekering gegee dat hulle met alle belanghebbendes, noord en suid van die veterinêre kordonheining, wil saamwerk om 'n beter toekoms vir almal te bewerkstellig.”

Die NLU sê hulle het benadruk lewendehaweprodusente moet kan bemark in oop en ongereguleerde bemarkingskanale wat met mekaar meeding om sodoende die beste pryse te behaal.

Schlettwein het op sy beurt erkenning gegee aan die belangrike rol van die primêre produsente en dat hulle die grondslag van dié sektor vorm.

Hy het egter sy bekommernis uitgespreek oor die fragmentasie in die sektor.

Die LPO het versoek Schlettwein moet onder sy kundige leiding 'n platform skep waar die sektor bymekaar kan kom in 'n poging om konsensus te bereik oor sake wat van kritieke belang vir die lewendehawesektor is.

Hierdie versoek is baie gunstig deur die minister ontvang. Hy het egter gemaan om konsensus te bereik, moet alle partye bewus wees hulle sal kompromieë moet maak om 'n middeweg te vind.

Schlettwein het die Vleisraad opdrag gegee om 'n standpunt­skrif op te stel wat as grondslag sal dien vir 'n simposium hieroor in die afsienbare toekoms.

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

4 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

4 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

4 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

4 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

4 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

4 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

4 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

4 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

10 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...