Lesley Gariseb vertel Namibië se stoepstories

Die boekbekendstelling vind op 13 November by De Kayak in die hoofstad plaas.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die politieke en sosiale kommentator Lesley Gariseb gaan op 13 November sy boek, Namibië Stoepstories, in Windhoek bekend stel.

Op die Facebook-blad "Straight Talk, No Insult" het Lesley baie Namibiërs se harte met sy kwinkslae oor politieke en sosiale kwessies aangegryp. Dit het hom genoop om sy stories in 'n boekformaat self te publiseer.

"Die boek is as't ware maar 'n samestelling van stories wat ek oor die jare geskryf het met kommentaar van Namibiërs," het Lesley in sy diep basstem tydens 'n onderhoud met Kollig gesê.

"Ek soek na beter samerwerking, verstandhouding en samesyn tussen en met alle Namibiërs, ongeag ras, agtergrond, godsdiens en politiek.

"Maar Chinese tel nie as Namibiërs in my boek nie. Daarom skryf ek oor onregverdige idees soos NEEEF, ongelyke behandeling ten opsigte van wetstoepassing, swak staatsdiens en algemene verval van sake, veral op regeringsvlak.

"Ek het die boek grotendeels geskryf as 'n poging om die rassegaping te vernou, verstandhouding tussen alle rasse te probeer bewerkstellig, asook oor baie van die dinge wat dreig om ons as Namibiërs uitmekaar te hou."

Lesley sê hy skryf vir mense wat nie 'n stem het nie, maar in sy wildste drome het hy nooit gedink dat sy stories so 'n groot impak sal hê nie.

"Ek skryf oor staatsverval, die verantwoordelikheid van die leierskap, korrupsie, maar tog ook oor die toekoms van die land en die geleenthede wat daar is."

Sy positiewe uitkyk op Namibië is aansteeklik. Lesley sê hy het na al die uithoeke van die land, in Afrika en oorsee gereis.

"Ek ken die land. Ek ry nie teerpaaie nie; ek ry grondpaaie waar dit die mooiste is. Namibië is 'n mooi land."

Lesley meen Namibië is 'n goeie land met hoop, 'n blink toekoms en vooruitsigte.

"Daar is geen ander land vir my as Namibië nie," beklemtoon hy.

AFRIKAANS

Lesley sê die boek is in roekelose en vreeslose Afrikaans geskryf "soos ek dit sien".

Volgens hom is sy Afrikaans so mooi danksy sy dik, groen voorgeskrewe Afrikaanshandboek op hoërskool, Afrikaans my taal.

Lesley, wat Damarasprekend is, sê sy gesin se huistaal is Afrikaans, "want my vrou kom van Angola af en kan nie Damara praat nie". Die egpaar het twee dogters (25 en 16) en 'n 22-jarige seun.

Lesley is op Goreses naby Otjinene in die Omahekestreek gebore en het op Walvisbaai grootgeword. Hy het op Otjinene en Walvisbaai skoolgegaan en in 1988 aan die Sekondêre Skool A. Shipena in Windhoek gematrikuleer.

TOERISMEBEDRYF

Hy was vir meer as 19 jaar in die toerismebedryf en het die land platgereis.

"Ek was van die eerste swartmense wat kort ná onafhanklikheid die toerismebedryf betree het, onder andere as gids. Ek het later 'n kultuurkamp by Wilhelmstal gestig waar toeriste die San-kultuur eerstehands kon ervaar," vertel Lesley.

Die boekbekendstelling van Namibië Stoepstories sal op Woensdag 13 November om 18:00 vir 19:00 by De Kayak in die Olympia-woonbuurt in die hoofstad plaasvind.

"Diegene in Windhoek wat reeds vir die boek betaal het, kan dit daar kry en diegene wat dit nog wil bekom, kan die boek daar koop. Ek sal natuurlik alle boeke teken," sê Lesley.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!