Leonardville se krane droog
Eers is inwoners se watertoevoer afgesny, en nou kan dieselfde met hul kragtoevoer gebeur.
Augetto Graig - Leonardville sit sedert Vrydag sonder water.
Die klein dorpie se inwoners moes van 17:00 af maar self sien kom klaar toe die krane begin leegloop het.
Inwoners sê hulle is nooit hiervan ingelig voordat die watertoevoer afgesny is nie - ondanks die dorpsraad en verskeie regeringsinstansies op die dorp wat glo ’n maand reeds van dié moontlikheid bewus was.
Mnr. Rudolf Shomongula, dorpsraadsvoorsitter, het Maandag bevestig die watertoevoer is afgesny weens skuld van sowat N$407 000 aan NamWater. Dorpsinwoners se uitstaande waterrekeninge beloop groot bedrae, het hy gesê.
Regeringsinstansies op die dorp is ook groot bedrae verskuldig.
Shomongula het egter gerugte ontken dat NamPower vandag die dorp se kragtoevoer sou afsny. “NamPower het nie vir ons so ’n brief gestuur nie,” het hy gesê.
Goeie nuus is dat die raad verwag NamWater sal die dorp se watertoevoer teen môre herstel.
Maar ten spyte hiervan oorweeg die raad ernstige aksie teen inwoners en instansies met uitstaande rekeninge.
“Ons sal die watertoevoer stop en ook die krag afsny. Dit is die aksie wat ons sal neem,” het hy gesê.
Inwoners kla Leonardville se dorpsbestuur het ’n geskiedenis van jare se beweerde wanbestuur wat onder meer geld insluit wat wegraak, asook beleggings soos aangekoopte beeste wat spoorloos verdwyn.
Uiters swak jaarverslae is deur die ouditeur-generaal bevraagteken. Die ouditeur-generaal se kantoor het ook gesê daar is ’n tekort aan interne beheer vir die 2013-jaarverslag.
Dit wil voorkom of Leonardville agteruitgaan.
“Die strate wemel van donkies, bokke en honde. Die dorp het geen verordeninge nie. Mense urineer in die strate weens ’n tekort aan openbare toilette, en in Amaraalsduin is etlike ongelisensieerde sjebeens - wat óók geen toiletgeriewe het nie. Klagtes by Nampol lewer niks op nie. Kinders onder 16 swerf in die strate rond, grawe in asblikke en gaan nie skool nie.
“Onderwysers en skole is bewus van die toedrag van sake. Die dorp is ’n morsige, wettelose, nou waterlose, en dalk een van die dae ook kraglose plek met geen toekoms nie - ’n groot sosiale probleem vir die land,” het mnr. Piet Muller, ’n inwoner, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie