Leon is terug!
Leon is terug!

Leon is terug!

Lloyd Zandberg
Hou vas aan jou sitplek, want grapjas Leon Schuster is terug met ’n splinternuwe goedvoel-komedie, met skreeusnaakse voorvalle en ’n inspirerende storielyn wat kykers van begin tot einde vasgenael sal hou.

In ware Schuster-tradisie volg FRANK & FEARLESS die wenresep van pittige komedie en humoristiese sosiale kommentaar waarvoor Leon se vorige werk, soos There’s a Zulu on my Stoep en Mr. Bones bekendheid verwerf het. Saam met medeskrywer en regisseur Gray Hofmeyr vat hy dit egter verder deur ’n baie relevante en kontroversiële storielyn met ’n diep emosionele impak in te werk, wat dit kop-en-skouers laat uitstaan bo enige van dié ikoniese filmmaker se vorige werk.

“FRANK & FEARLESS was ’n baie moeilike fliek om te maak en die draaiboek is oor ’n tydperk van vier jaar deur my, Gray en Geoff Newton ontwikkel. Gray en ek het in 1991 vir die eerste keer aan Sweet and Short saamgewerk, en het sedertdien nege prente saam gemaak. Ons is ou kamerade en die een sonder die ander is soos ’n soldaat wat sonder geweer oorlog toe gaan. Ons is vol vertroue dat ons nuutste projek al ons voriges gaan oortref en dat kinders én grootmense daardeur geraak sal word,” verduidelik Leon, wat verantwoordelik is vir van die grootste en suksesvolste flieks in die geskiedenis - plaaslik en oorsee.

Die fliek, wat in Afrika afspeel, neem jou op ’n opwindende avontuur wanneer ’n hartlike ou man, Sonny Frank (Leon Schuster), en ’n 10-jarige plattelandse Afrika-seun, Fearless (Themba Ntuli), besluit om Suidoos-Asië se ambassadeur te ontvoer in ’n poging om die uitmoor van renosters stop te sit.

Saam met hulle op hierdie missie is twee viervoetige vriende wat bydra tot die pret en hart van die verhaal.

Reini is ’n babarenoster wie se ma deur stropers doodgemaak is en Dog is Fearless se lojale swart brak.

Wanneer dinge egter erg skeefloop, word hulle gedwing om ’n peleton genadelose stropers aan te vat, waaronder die skrikwekkende ekswildbewaarder Dolf (Kenneth Nkosi), met wie Sonny ’n geskiedenis het.

Die emosionele spruit natuurlik voort uit elke karakter se persoonlike reis.

“Dit was nogal ’n kontroversiële besluit om ’n komedie te laat afspeel teen so ’n tragiese agtergrond soos die huidige renosterkrisis. Ek glo egter komedie en tragedie kan mekaar komplementeer en tot die emosionele impak van die verhaal en boodskap bydra, mits die spel en storie 100% eerlik en opreg is,” sê draaiboekskrywer en regisseur Hofmeyr, wat al dekades lank in die bedryf werk en al verskeie toekennings vir sy werk ontvang het.

Afgesien van uitstekende kinematografie en pragtige natuurtonele, sluit die rolprent ook indrukwekkende toneelspel in en spog dit met ’n sterbelaaide rolverdeling.

Schuster is puik in die rol van die onseker spoorwegsjef en versamelaar van inheemse speserye, terwyl die nuweling Themba Ntuli (Meerkat Maantuig) die perfekte keuse was om die komplekse Afrika-kind te vertolk, wat bang vir sy eie skaduwee is.

Kenneth Nkosi (Tsotsi), Khanyi Mbau (Happiness is a Four Letter Word), Jennifer Steyn (Goodbye Bafana, Madam and Eve) en David Dennis (Soul City) is ook in die fliek te sien.

FRANK & FEARLESS beloof om kykers te laat skaterlag, maar ook diep te raak met die ernstige onderliggende boodskap en persoonlike oorwinnings, wat sal aanklank vind by oud en jonk.

Die fliek word deur Filmfinity (Pty) Ltd versprei en sal op 23 November landswyd (??Namibië?) uitgereik word.

Dit is deur André Scholtz en Menzi Thabede in samewerking met M-Net, Chrome Films, die departement van handel en nywerheid (DTI) en die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC) vervaardig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!