Lentebuie ontleed

Wateringenieur ontleed data van 109 jaar

04 October 2018 | Weer
Francoise Steynberg



Volgens geskiedkundige reënvalsyfers is die reënseisoen gemiddeld laer as hoër as dit in Augustus of September reën, en as dit in Oktober reën, het dit nie juis 'n invloed op die reënseisoen nie.

Só sê mnr. Gys Burger, 'n water­ingenieur, op die Facebook-blad “Reën in Namibia” nadat hy geskied­kundige reënvalsyfers sedert 1891 ontleed het.

Dit volg ná vroeg vandeesweek se lentebuie wat in Windhoek, Otjiwarongo en plek-plek in die Suide uitgesak het. Namibiërs wou weet as dit in die lente reën, kan 'n goeie reënseisoen verwag word?

Burger het dié reënvalsyfers van Windhoek op die webtuiste weather.namsearch.com (http://weather.namsearch.com/Windhoekrainhistory.php) opgespoor, wat meer as 'n eeu se data verskaf. Hy het gesê daar is sleuteldata van meestal in die tagtigs en negentigs vermis en die data is maandeliks opgeteken.

“Ek wil ook net duidelik maak dat net een reënstasie se analise beskikbaar was en dit van ander gebiede in Namibië kan verskil,” het Burger gesê.

Hy sê vir 109 jaar was 40 reën­seisoene bogemiddeld en 69 ondergemiddeld, met 'n ratio van 37% bogemiddeld en 63% ondergemiddeld.

“Wanneer dit in ­Augustusmaande gereën het, was die reënseisoen 20% bogemiddeld en 80% ondergemiddeld. Dit het slegs 15 keer in Augustus volgens die data oor 109 jaar gereën,” verduidelik Burger.

“Vir September was die ratio tussen bogemiddeld en ondergemiddeld 28%:72%. Vir Oktober is die ratio 34%:66% wat naby die ­algehele ratio is.”

Burger sê dit beteken “volgens die geskiedkundige rekord as dit in ­Augustus of September reën, is die reënseisoen gemiddeld laer as hoër, en as dit in Oktober reën, het dit nie juis 'n invloed op die reënseisoen nie”.

Hy het dieselfde analise vir die laaste tien jaar vir die reënseisoen vanaf 2008/9 tot 2017/18 van reënvaldata gedoen. Hy sê in die afgelope tien jaar was daar vyf bogemiddelde en vyf ondergemiddelde reën­seisoen wat basies 50:50 is.

“Vir die twee keer wat dit in Augustus gereën het, was daar ondergemiddelde reënseisoene. Vir September is die ratio tussen ondergemiddeld en bogemiddeld 57%:43% en vir Oktober is dit 33%:67%. Dit beteken dat vir die laaste tien jaar, het reënval in September gevolg tot 'n bogemiddelde reënseisoen en ondergemiddeld vir Oktober.”

Burger meen die analise vir die ­afgelope tien jaar verskil nogal ­drasties van die oorhoofse 109 jaar.

“Dit is die laaste tien jaar wat ­ooreenstem met die bogemiddelde reënseisoene,” het hy gesê.

Soortgelyk

 

Pas jou rug op

12 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Môre word Wêreldruggraatdag met die tema “Wees lief vir jou ruggraat” gevier. Lede van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging en van hul pasiënte het...

Kleurryke Pik Botha sterf op 86

12 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Die afgelope naweek is selfs in die internasionale nuus wyd berig oor die afsterwe van die kleurryke en legendariese voormalige minister van...

Onwettige sandmyne se dae getel

12 ure gelede | Misdaad

Kenya Kambowe - Die omgewingskommissaris se kantoor is tans besig met die wysiging van omgewingsregulasies om hulle minder dubbelsinnig te maak en suksesvolle vervolgings te...

Ichingo Chobe River Lodge wen weer

12 ure gelede | In beeld

Ichingo Chobe River Lodge in die Zambezistreek is vir die tweede agtereenvolgende jaar tydens die Wêreldreistoekennings as die beste tentsafarikamp in Namibië aangewys. Die 2018-toekennings...

Namibië deel van vlootsimposium

12 ure gelede | Ministeries

Die senior verdedigingsbeampte en verdedigingsattaché vir die Amerikaanse ambassade in Windhoek, lt.kol. John Lacy, het verlede maand die Namibiese vlootbevelvoerder, skout-admiraal Sinsy Nghipandua, na die...

Weer vir 12 Oktober 2018

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre noordelike streke. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloe­dig warm wees met enkele buie in...

Drie sterf in ongelukke

12 ure gelede | Ongelukke

Drie mense het hul lewens die naweek in motorongelukke en ’n treinongeluk verloor. In ’n kop-teen-kop-botsing op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n...

Sossusvlei Desert Lodge beste safari-lodge

12 ure gelede | In beeld

&Beyond Sossusvlei Desert Lodge is as die beste safari-lodge in Namibië tydens die Wêreldreistoekennings aangewys. In 2016 het dié luukse safari-lodge ook met hierdie toekenning...

Kamushinda van vuilspel beskuldig

12 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Namibië se hooggeregshof het verlede Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak waarin Zimbabwe se Metropolitan Bank en World Eagle Investment (Pty) Ltd...