Lente in glorie
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Dis lente, sing dit in elke hart!
Oë straal en drink die skoonheid in,
Kleure en geure spoel deurmekaar -
Sonder om ander te verdring.
Lente wys die almag, van God's hand,
Hoe kleure in koloriet vertoon,
'n Samesyn uit sentrale bron -
Wat prag panorama beloon.
Die blomme wuif met 'n welkomsgroet,
In verbeelding sien ons tog 'n lag.
Die vrolikheid van God's eksposeer -
Ontketen, in aanskouer krag.
Elkeen's tevrede waar God dit plaas,
En deel hul geure, en hul kleure.
Vlinders fladder van 'n blom na blom -
Soos bodes, dra hul gebeure.
Die lenteskoon, bring die geboorte,
Want alles word deur God, nuutgemaak.
Die briese sing saam met die voëls,
Bydrae, tot grootste ontwaak.
Blomme se vreugde bly in klimaks,
Want hul lewe is van korte duur,
Hul blom en straal in alle glorie -
Waardeer voluit, tot laaste uur.
Mensdom ontwaak en volg die voorbeeld,
Want jul is daar, as heersers gestel,
Ons lewensduur is net 'n wyle -
Waarom sal ons, oor winter kwel?
Elke dag is daar 'n lentesaad,
Wat wag om in ons 'n vrug te skep
Maar die onkruid; dis ons eie wil -
Staan gereed, dit te verlep.
Die son het die water vêr gaan haal,
Om 'n wolk in die hemel te word.
Die wind stoot die wolk oor die aarde,
Om trane van vreugde te stort.
Dis lente, sing dit in elke hart!
Oë straal en drink die skoonheid in,
Kleure en geure spoel deurmekaar -
Sonder om ander te verdring.
Lente wys die almag, van God's hand,
Hoe kleure in koloriet vertoon,
'n Samesyn uit sentrale bron -
Wat prag panorama beloon.
Die blomme wuif met 'n welkomsgroet,
In verbeelding sien ons tog 'n lag.
Die vrolikheid van God's eksposeer -
Ontketen, in aanskouer krag.
Elkeen's tevrede waar God dit plaas,
En deel hul geure, en hul kleure.
Vlinders fladder van 'n blom na blom -
Soos bodes, dra hul gebeure.
Die lenteskoon, bring die geboorte,
Want alles word deur God, nuutgemaak.
Die briese sing saam met die voëls,
Bydrae, tot grootste ontwaak.
Blomme se vreugde bly in klimaks,
Want hul lewe is van korte duur,
Hul blom en straal in alle glorie -
Waardeer voluit, tot laaste uur.
Mensdom ontwaak en volg die voorbeeld,
Want jul is daar, as heersers gestel,
Ons lewensduur is net 'n wyle -
Waarom sal ons, oor winter kwel?
Elke dag is daar 'n lentesaad,
Wat wag om in ons 'n vrug te skep
Maar die onkruid; dis ons eie wil -
Staan gereed, dit te verlep.
Die son het die water vêr gaan haal,
Om 'n wolk in die hemel te word.
Die wind stoot die wolk oor die aarde,
Om trane van vreugde te stort.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie