Leierskap onbereikbaar
Die mens is geneig om leiers op te hef en hulle op ’n troontjie te plaas.
Dié neiging is baie gevaarlik. Dit lei daartoe dat die besluitnemers van ’n volk afgesonder word van dié wat hulle volg en dié wat moet leef met die gevolge van hul besluite.
As ’n leier van die werklikheid van mense se lewens afgesny is, is die kanse dat hulle in voeling met die mense sal wees, min.
So ’n leier word ook maklik beïnvloed deur sekere belanghebbendes.
Inligting word eers versorg voor dit voorgelê word.
Ervarings word derdehands oorvertel.
Struikelblokke word weggelaat en mislukkkings onder die mat ingevee, en dit word al moeiliker om die regte besluite te neem.
Dis juis hieroor dat die sluit van die pragtige tuine voor die parlementsgebou my bekommer, die ou Tintenpalast.
Een besonderse ding van die heelwat ontspanne ure wat ek al in my lewe in daardie park deurgebring het, was om fisiek naby aan die land se wetgewers te wees.
Ek voel die sluiting van die tuine vir ’n onbepaalde tyd is net nóg ’n teken daarvan dat afgode gemaak word van diegene in magsposisies.
En wat gebeur as iemand iets herhaaldelik sê? Hulle begin self daarin glo!
Dink nou net aan die gevolge van ’n leier wat nie weet wat in sy land aangaan nie, en dit weens ’n lewenstyl wat geen geleentheid bied om die werklikheid buite die kantoor, die konferensiekamer, of die luukse eet- of slaapkamer, te ervaar nie. Boonop glo die betrokke leier nou ook, na al die jare wat hy dit hoor, dat sy leierskap en besluitnemingsvermoë ongeëwenaar is.
Mens kan jou indink hoe so ‘n situasie kan lei na belangrike nasionale besluite wat glad nie in voeling met die werklikheid is nie.
So ’n leier kan vir sy mense selfs ’n vernedering word - of ’n klip in die skoen.
Die lewe is net te onvoorspelbaar vir enige mens om die gevolge van ’n besluit akkuraat te kan voorspel.
Daar moet altyd verrassings wees, onverwagte gebeurtenisse en ongevraagde ontmoetings.
Iemand wat dink hulle ken alles sal dikwels verras wees.
Net soos die bestuurder van ’n voertuig die pad moet kan sien om te weet waar hy of sy ry, is dit noodsaaklik dat leiers kontak met dié wat hulle aanhang, behou.
Ek stel dus voor dat ons parlementêre program verander word om besoeke aan en geleenthede in gemeenskappe wat deur besluite geraak word, in te sluit. Politici moet, as deel van hul werk, kontak met gemeenskappe hou. Kinders moet ministers by die naam ken, en oumense moet stories oor hulle kan vertel.
Dit sal ’n doelbewuste poging verg om so ’n regeringstyl te handhaaf, nie net van die hoogste kantoor in die land nie, maar ook van die hele nasie. Elke Namibiër kan meer doen om ’n beter verstandhouding tussen alle Namibiërs te bou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie