Legende mor oor SA slot
Legende mor oor SA slot
07 April 2021 | Sport
Minder as 'n week nadat die Ierse Rugbyunie 'n stokkie voor Munster se kontraktering van Pieter-Steph du Toit gesteek het, grom hul legendariese oud-haker Keith Wood oor die aanwins van die Springbok-slot Jason Jenkins.
“Wat my betref, was dit nie die regte skuif nie. Ek hou nie daarvan nie. Dit het die verkeerde boodskap aan ons jeug gestuur,” het Wood, wat tussen 1994 en 2003 vir Ierland in 58 toetse en in vyf vir die Britse en Ierse Leeus gespeel het, volgens otbsports.com gesê.
“Ek begryp die gedagtegang, maar jy kan enige besluit probeer regverdig en met hierdie een is ek baie ongemaklik. Ons moet van ons talent gebruik wat opgang maak en dit tot die maksimum ontgin.”
Met die aanwins van Wood het Munster, wat deur die Suid-Afrikaner Johann van Graan afgerig word, die loopbaan van 'n belowende Ierse speler soos Thomas Ahern en ook ander jonges straks 'n knou gegee.
“Ons moet herstruktureer om die pyplyn waardeur ons spelers by Munster kom, reg te kry. Die spelers moet spoediger deurkom en dit moet beter spelers wees. Ons eerste opsie behoort nie te wees om spelers oorsee te gaan soek nie,” sê Wood.
Hy voeg wel by dat hy die skuif nie as irrasioneel beskou nie.
“Daar's twee ouens wat Munster verlaat (Billy Holland en CJ Stander), daar's beserings en spelers gaan by die Ierse kamp en dalk selfs die Britse en Ierse Leeus aansluit,” erken Wood.
Nogtans, voeg hy by om sy oorspronklike punt verder te staaf: “Jy kan daardie argument aanvoer om elke speler van 1 tot 15 te verander ter wille daarvan om 'n beter een elders in die wêreld te soek. “Ek sal eerder wil sien dat Munster 'n plaaslike speler in die posisie kies. Dis nie net Ahern wat onder Munster se besluit gaan ly nie,” voeg Wood by.
– Netwerk24

Soortgelyk
RMB Song Night vier ’n dekade
2 ure gelede | Kuns en vermaak
Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax
2 ure gelede | Gesondheid
FlyWestair brei binnelandse vlugte uit
2 ure gelede | Vervoer
Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe
4 ure gelede | Gesondheid
Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut
5 ure gelede | Mense
Floyd-moordverhoor: Skuldig!
5 ure gelede | Internasionaal
Sprinkane nou in 11 streke
15 ure gelede | Landbou
Pensioenaris in haar huis vermoor
15 ure gelede | Misdaad
Miljoene vir vervalste maskers
15 ure gelede | Howe
Kleinadvertensies