Leeus ontsnap uit Etosha
Leeus het uit die Etosha Nasionale Park se noordelike grens ontsnap en 'n bees enkele meters vanaf die heining gevang.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanoggend die voorval aan Republikein bevestig. Hy waarsku inwoners aangrensend aan die park en naby Oshivello om versigtig te wees.
"Ons personeel is reeds op die toneel. Een van die leeus het na Etosha teruggekeer, maar vermoedelik loop daar nog een of twee rond. Die personeel is op soek na hulle, maar die moontlikheid bestaan ook dat die ander na die park teruggekeer het," het Muyunda gesê.
"Gemeenskappe aangrensend aan die noordelike deel van die park moet egter versigtig wees en ook hul diere veilig hou."
Foto Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie