Leeus neem bewind van die Witvrou oor

Des Erasmus
Des Erasmus - Drie volwasse leeus het die terrein van die beroemde Witvrou van Brandberg beset.

Dit het daartoe gelei dat die klimroete na die rotstekening onbepaald deur die Erfenisraad gesluit is.

Die oorname deur die leeus kom 100 jaar ná navorsers op die unieke rotstekening afgekom het.

Enkele weke gelede is die eerste eeu van dié ontdekking selfs by die basis in die Tsisebravyn deur wetenskaplikes en vriende gevier.

Die sluiting van die roete het gekom nadat ‘n donkie deur die nuwe heersers gevang is.

Aanvanklik is gemeen dit is die werk van drie jong leeus, ‘n mannetjie en twee wyfies van net meer as twee jaar oud.

Die spore by die vangplek het uitgewys dat die slagting deur drie volgroeide leeus gedoen is.

‘n Vermoede bestaan dat die drie die bewind in die Tsisebravyn by die jeugdiges oorgeneem het.

Die basis van die gidse is ook by die beginpunt van die ravyn. Hulle het nie net toeriste hul weg na die Witvrou gewys nie, maar ook met ‘n kommunale boerdery daar begin met onder meer bokke in takkrale.

Die verstewiging van die takkrale om dit roofdierwerend te maak, was reeds met bewaringsinstansies bespreek toe die loslopende donkie die prooi geword het. Dit het meegebring dat die gidse sonder werk sit en ook uit vrees ander blyplekke begin soek het.

Volgens mnr. Izak Smit van die bewaringsinstansie Desert Lion Human Relations Aid (DeLHRA) het die leeus vroeër vanjaar nekbande gekry om hul bewegings te monitor, maar die nodige toerusting vir die ontvang van seine is nog nie beskikbaar nie.

Kragtige klappers en ander toerusting om die woestynleeus na ander weivelde te verdryf, is ook aan van die gidse beskikbaar gestel.

In die gebied is baie loslopende donkies wat maklik leeuprooi kan word.

Naby die basis vir klimmers na die Witvrou gaan normale sake voort in die Brandberg White Lady Lodge as gewilde bestemming van duisende toeriste. Juis die naweek was daar nog baie toeriste, onder wie baie van die kampeerterrein met sy goeie geriewe gebruik gemaak het.

Baie van die toeriste besoek die gebied hoofsaaklik om die woestynaangepaste olifante te sien wat nog daar aangetref word.

Smit het aan Republikein gesê met die leeus wat reeds oor nekbande beskik, behoort dit taamlik maklik te wees om bloot die bykomende toerusting vir die dophou van die roofdiere beskikbaar te stel.

‘n Tweede opsie is om die drie leeus te vang en na ‘n ander deel van die Ugabvallei oor te plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!