Leeus lugtig vir gewonde Stormers
Leeus lugtig vir gewonde Stormers

Leeus lugtig vir gewonde Stormers

Superrugby
Tinus van Staden - Nadat die Leeus die Jaguares met rotsvaste verdediging geklop het, wil hulle Saterdag teen die Stormers graag weer hul tradisionele sterkpunt uitstal.

Neil de Bruin, die Leeus se agterlyn­afrigter, sê hulle was nie tevrede met hul aanvallende spel in hul sege van 25-16 oor die Jaguares in Buenos Aires nie.

“Ons was eerlik met mekaar oor ons (gebrek aan) vloeiendheid op die aanval. Ons wil nuwe stelsels in werking stel en ek is seker coach Swys (de Bruin, hoofafrigter) gaan sake die naweek regstel,” het De Bruin gesê.

“Ons kan miskien een of twee veranderinge oorweeg, veral as ons takties anders wil speel. Verskeie jong spelers het na vore getree die naweek, so dit laat ons met 'n lekker tameletjie.”

Die bedompige toestande in Argentinië het dit egter moeilik gemaak om die bal rond te slinger en die Leeus sal dus gretig wees om te wys wat hulle met die bal in die hand kan doen op 'n droë Nuweland.

Tog sê De Bruin die Leeus is in hul noppies met hul eerste sege tot dusver in Argentinië.

“Dit bou selfvertroue en gee vir ons momentum voordat ons die Stormers moet pak, wat graag sal wil terugslaan ná hul eerste wedstryd.

“Saterdag se uitslag was 'n goeie begin vir ons. Ons vat dit, al was dit nie die perfekte vertoning nie. Ons het hart gewys en puik verdedig.”

Hy verwag intussen 'n groot aanslag van die Stormers nadat hulle die naweek met 40-3 teen die Bulle verloor het.

“Die Stormers is 'n trotse unie; dit is nooit maklik om in Kaapstad teen hulle te gaan speel nie. Hulle was die slagoffers van 'n blitzkrieg deur die Bulle, wat baie krediet verdien.

“Ek verwag beslis 'n groot terugvegpoging deur die Stormers. Hulle sal wil bewys verlede week was 'n glips en hulle was nie op hul beste nie.”



VLEUELS IN ONDERLINGE STRYD

Dit is wonderlik vir die Leeus dat daar sulke strawwe mededinging onder die vleuels is, sê Madosh Tambwe, een van die span se opwindende jong blitse.

“Dis lekker om ouens soos Aphiwe Dyantyi, Courtnall Skosan, Ruan Combrinck en myself in die groep te hê. Ons spoor mekaar tot groter hoogtes aan,” sê die 21-jarige Tambwe.

Dié sneller, wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo gebore is, het in 2018 vir hom naam gemaak toe hy vier drieë teen die Stormers gedruk het in dié spanne se Superrugby-wedstryd op Ellispark.

Dyantyi en Skosan is vir die beginspan gekies in die Leeus se eerste kragmeting van hierdie seisoen, wat hulle met 25-16 teen die Jaguares in Buenos Aires gewen het. Combrinck was op die plaasvervangersbank.

Hoe kan Tambwe homself laat uitstaan tussen dié drie Springbokke?

“Wanneer ek oefen, oefen ek my hart uit. Wanneer my kans kom, gaan ek dit met albei hande aangryp,” sê hy.

Die Leeus speel Saterdag teen die einste Stormers, dié keer op Nuweland.

“Ons gaan met dieselfde ingesteldheid speel as wat ons altyd doen. Ons hoop dit is droog, sodat ons hardlooprugby kan speel.

“Ons weet die Stormers sal wil vergoed ná hul eerste wedstryd (wat hulle met 40-3 teen die Bulle verloor het).”

Volgens Joey Mongalo, die Leeus se verdedigingsafrigter, verwag die span 'n groot aanslag deur die Stormers.

“Ons Suid-Afrikaners slaan mos altyd terug; dit is net hoe ons is,” sê Mongalo.

Volgens hom het hulle een of twee dinge wys geword uit die beeldmateriaal van die wedstryd tussen die Stormers en die Bulle, wat die Leeus op Nuweland kan uitbuit.

“Tog wil ons met een of twee unieke dinge ook vorendag kom. Coach Swys (de Bruin) het skitterende planne. Ons wil graag ons eie wedstrydplan afdwing.”

Hy sê die span put baie selfvertroue uit hul eerste sege nóg in Argentinië.

“Dit is groot, want ons het geskiedenis gemaak. Dit is goed om die reeks op 'n wennoot af te skop.

“Ons het met baie ywer gespeel en ongeveer 200 duikslae uitgevoer. Dit was verblydend.

“Daar was 'n groot wanopvatting dat ons in die verlede nie goed verdedig het nie, so ons wou graag 'n punt bewys,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%