Leeus leen by Haaie u00e9n WP
Leeus leen by Haaie u00e9n WP

Leeus leen by Haaie én WP

Rugby
Christo Buchner

Dis nie net ’n huursoldaat van die Haaie wat die Leeus gaan moet help brul in die 2019 Superrugby-reeks nie, dié franchise het sy net tot in die Kaap gespan om versterkings te bekom.

Die Springbok-slot Stephan Lewies word vir die Super-seisoen by die Haaie geleen, om die leemte te vul wat Franco Mostert se vertrek na die Engelse klub Gloucester gelaat het. Benewens Lewies leen die Leeus ook die 21-jarige vaskopstut Carlu Sadie by die Westelike Provinsie.

Nóg ’n aanwins vir die Leeus is die voormalige SA-skolehaker Jan-Henning Campher, wat hulle van die Bulle af aangeskaf het. Hy is die seun van die eertydse Blou Bulle-stut Lourens Campher. Volgens Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, is hulle nog in die proses om so twee of drie kontrakte te bekom.

Die verlies van die vaskopstut Ruan Dreyer, asook Mostert en die flank Jaco Kriel aan Gloucester, en ook die loskop Jacques van Rooyen aan Engelse rugby, sal gewis ’n leemte laat. Swys de Bruin, die Leeus-afrigter, is egter opgewonde oor van die jong lote wat besig is om deur te kom.

“Ons het baie goeie jong slotte in Ruan Vermaak, Reinhard Nothnagel en PJ Steenkamp. Dan is Robert Kruger, wat flank en slot kan speel, ook weer vir ons beskikbaar.

“Ek het met Stephan Lewies gewerk terwyl ek nog aan die Haaie se Akademie verbonde was en hy is ’n baie goeie speler, wat vir ons van groot waarde sal wees,” meen De Bruin.

Hy sê ook dat Sadie indruk op hom gemaak het in die oefeninge en dat hy die basiese aspekte van ’n voorryman goed uitvoer.

“Die toekoms lyk rooskleurig, maar daar sal geduld beoefen moet word. Ons het nie nodig om die huis weer van die fondament af op te bou nie en die jongelinge sal geleidelik saam met van die senior spelers wat nog daar is ingespan word,” sê hy.

Wat sy eie situasie betref, sê De Bruin sy fokus is nou eers by die Leeus, met wie hy ’n kontrak tot Oktober 2019 het.

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, het reeds aangedui dat hy De Bruin wil betrek vir die 2019 Wêreldbeker-toernooi, nadat hy vanjaar ’n aanvalskonsultant van die span was en goed saam met Erasmus gewerk het.

“Ek weet in die stadium nie presies wat my situasie gaan wees met die aanloop tot die Wêreldbeker nie en dit is iets vir Rassie en Rudolf om uit te sorteer,” sê De Bruin.

Straeuli het intussen ook bevestig dat die Leeus twee opwarmingswedstryde gaan speel voordat die Super-seisoen in Februarie begin.

Hulle kom op 26 Januarie op Loftus Versfeld teen die Bulle te staan en speel op 3 Februarie in die Kaapstad-stadion teen die Haaie. Dit is deel van ’n onderlinge reeks wedstryde tussen die Suid-Afrikaanse spanne, waar hulle hul nuwe truie met die strokieskarakters op gaan onthul.

In die ander wedstryd daardie naweek kom die Stormers teen die Bulle te staan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!