Leeus kou klippe om Sunwolves te tem
Leeus kou klippe om Sunwolves te tem

Leeus kou klippe om Sunwolves te tem

Rugby
Christo Buchner

Die Leeus het Saterdagaand in Johannesburg klippe gekou op Ellispark om ’n verbete aanslag van die Sunwolves die hoof te bied en met 40-38 deur te skraap in hul Superwedstryd.

Dit was eers in die laaste tien minute dat die Leeus die seël op die sege kon plaas nadat die besoekers 20 minute voor die eindfluitjie die voortou geneem het.

Danksy Malcolm Marx se tweede drie ná ’n lynstaan-dryfbeweging en Rohan Janse van Rensburg, wat met net minder as tien minute oor sy pad oor die doellyn gevind het, kon die Leeus genoeg afstand bewerkstellig tussen hulle en hul veel minder geroemde teenstanders wat feitlik enduit soos ’n neet bly klou het.

Die eerste helfte het opwindende hardlooprugby opgelewer, met die Leeus wat drie keer gaan druk het en die besoekers uit Tokio wat twee keer oor die doellyn is. Die Sunwolves was veral baie ondernemend van teenaanvalle af wanneer die bal op hulle geskop is. Die agterlyn het nie geskroom om die Leeus se verdediging op die proef te stel nie.

Die Leeus se eerste drie deur die heelagter, Andries Coetzee, het gekom nadat lynstaanbesit in hul eie halfgebied gegaps is. Marx het deur ’n gaping gestoomroller voordat die bal wyd gespeel is en Coetzee twee verdedigers afgeskud het om oor te duik.

Die span van Japan was egter nooit oorweldig nie en het die Leeus nie die kans gegun om hul stempel ten volle af te druk in die eerste helfte nie.

Die heelagter, Kotaro Matsushima, het onder die pale oorgeval nadat ’n strafskop vinnig geneem is. Die loskopstut, Craig Millar, het soos ’n wafferse senter oorgeduik vir die besoekers se tweede drie nadat die bal van teen die kantlyn na binne gespeel is.

Vir die Leeus se derde drie het Marx die bal enkele treë van die doellyn af bemeester en die kortpad oor die losskrum gekies sonder dat ’n hand op hom gelê is.

Die Sunwolves het twee keer net voor rustyd die kans gehad om die voortou te neem, maar het albe kere hul kanse verbrou met die doellyn voor hulle. Dit sou hulle dadelik ná rustyd byt, want Aphiwe Dyanti, die Leeus-vleuel en driedrukmasjien, het van die afskop af die bal bemeester en deurgedraf vir sy span se vierde drie.

Dat daar met rustyd hard gepraat is met die Leeus, is gewis, want hulle het die laaste 40 minute met veel meer oorgawe aangepak. Tog kon hulle nie die Sunwolves-vuur blus nie en hulle het verbete bly aanval.

Hul geesdrif is beloon toe die linkervleuel, Hosea Saemaki, gaan druk het ná ’n lopie van 60 m al langs die hoofpaviljoen-kantlyn af waar hy ’n handvol verdedigers laat harpuis ruik het.

Skielik was daar weer niks tussen die spanne te kies nie, met die Leeus wat net met 26-24 voorgeloop het. ’n Onderskepdrie halfpad deur die tweede helfte met die slot Kazuki Himeno wat die helfte van die veld gehardloop het om sy span te laat voorloop, het die koue in die Leeukuil nog meer voelbaar gemaak.

Punte: Leeus 40 (19): Drieë: Andries Coetzee, Marvin Orie, Malcolm Marx (2), Aphiwe Dyantyi, Rohan Janse van Rensburg. Doelskoppe: Elton Jantjies (5). Sunwolves 38 (17): Drieë: Kotaro Matsushima, Craig Millar, Hosea Saumaki, Kazuki Himeno, Atsushi Sakate. Doelskoppe: William Tupou (3), Ryoto Nakamura(2). Strafdoel: Tupou. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038