Leeujagters geskiet
Leeujagters geskiet

Leeujagters geskiet

’n Leeujag het geëindig met twee jagters wat in ’n skietery ernstig gewond is voor die leeu uiteindelik van kant gemaak is.
Ileni Nandjato
Ileni Nandjato – Die Namibiese polisie in die Oshanastreek het ‘n saak van poging tot moord geopen ná me. Amalia Sheya (51), ‘n werknemer van die ministerie van die omgewing en toerisme, en mnr. Festus Fredericks (29) ’n beeswagter, raakgeskiet is terwyl lede van die polisie, die Namibiese weermag (NDF) en natuurbewaringsbeamptes ’n leeu by Uulungwakolondo gejag het.

Die jag is genoodsaak ná ’n leeuwyfie die mnr. Elia Usiku (49), ’n beeswagter, Saterdag naby die NDF-basis op Uulungwakolondo aangeval het.

Usiku is na die Onandjokwe- Lutherse hospitaal gehaas voor hy en die twee skietslagoffers na die Oshakati Intermediêre Hospitaal oorgeplaas is.

Volgens mnr. Shipanga Andreas het hy om 09:00 na sy veepos gery en op die erg bebloede Usiku afgekom.

“Hy het gesê ’n leeuwyfie het uit die bloute verskyn en hom aangeval. Sy linkerarm was ernstig gewond en het bytmerke oor sy hele lyf gehad,” het Andreas gesê.

Volgens mnr. Jesaya Angula, eienaar van die veepos, was hulle nie bewus daarvan dat daar leeus in die omgewing was nie.

“Ons was op die toneel vir inspeksie en dit wys die leeu het sowat 200 meter gehardloop voor sy Usiku aangeval het. Hy het haar eers met ’n stok geslaan, wat later gebreek het. Volgens hom het die beeste tot sy redding gekom,” het Angula gesê.

Ao. Frieda Ashiyana, woordvoerder van die Oshana-polisie, het bevestig ’n groep jagters is uitgestuur ná die voorval by die polisie aangemeld is.

“Saterdag omstreeks 10:00 is ’n jaggeselskap, bestaande uit drie polisiebeamptes, drie soldate en twee lede van die ministerie, almal met gewere gewapen, uitgestuur om die leeu te gaan soek,” het sy gesê.

“Hulle was almal in een voertuig wat aan die ministerie behoort. Hulle is van Fredericks, ’n beeswagter, vergesel, wat hulle na die plek geneem het waar die leeu gesien is,” het sy gesê.

“Toe hulle die leeu sien, het sy die voertuig bestorm en om die voertuig gejaag en amper op die voertuig geklim. Dit het daartoe gelei het dat die polisiebeamptes en soldate begin skiet het. In die proses is Sheya in die kakebeen en Fredricks in die linkerskouer geskiet. Beide is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem,” het Ashiyana gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!