Leerplan terug in stormwaters

Namibiese leerplan ‘laaste uitweg’

19 May 2021 | Onderwys
Henriette Lamprecht – Skole wat die leerplan van die Onafhanklike Eksamensraad (IEB) in Namibië volg, gaan voort soos normaal.

“Ons het met ons regspan vergader en dinge gaan voort soos dit is,” het mnr. Wouter Niehaus, die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) se uitvoerende hoof, in reaksie gesê nadat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê dit kan nie goedkeuring vir die registrasie van die nuwe leerplan en kwalifikasie vir IEB-skole in Namibië gee nie.

Napso verteenwoordig ses IEB-skole en dit is volgens Niehaus “ons plig om die nodige ondersteuning aan ons ledeskole te bied.”

Verlede jaar se IEB-matriekgroep het ’n 100%-slaagsyfer gehad. Van die 177 matrikulante oraloor Namibië het 88% graadvrystelling gekry.

Die inligting oor IEB-skole se aansoek vir registrasie van ’n nuwe leerplan en kwalifikasie is vervat in ’n brief op 29 April aan wyle mnr. Henry McCarthy, skoolhoofdeverteenwoordiger van die sewe privaatskole in die land wat die IEB-leerplan volg. McCarthy was die groot dryfkrag agter die proses om die nuwe leerplan plaaslik goedgekeur te kry en is op 7 Mei aan Covid-19 dood.

Selfs op sy siekbed het McCarthy steeds die proses gedryf.

“Die laaste naweek waar hy om sy lewe geveg het, het hy steeds hieraan gewerk,” sê Niehaus.

McCarthy het verlede jaar in ’n onderhoud met Republikein gesê die nuwe leerplan is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS) op Gevorderde Intermediêre Vlak (AS). Dit was volgens die Nasionale Eksaminerings-, Evaluerings- en Sertifiseringsraad (NEACB).

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Sanet Steenkamp, staan die ministerie by bogenoemde besluit totdat bewys vir oorweging gelewer kan word van die versekering van kwaliteit en akkreditasie deur ’n erkende liggaam vir die nuwe SSS-eksamen en kwalifikasie.

In haar skrywe sê Steenkamp briewe tussen die Universiteit van Stellenbosh en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA) asook verdere vergaderings tussen die ministerie en IEB het bevestig laasgenoemde vind dit moeilik om die kwaliteitversekering en akkreditasieliggaam vir sy leerplan en kwalifikasie vir IEB-skole in Namibië te kry.

TWEE OPSIES
Die ministerie het twee opsies aan IEB-skole voorgestel. Die laaste uitweg sou wees om aansoek te doen om vanaf aanstaande jaar die Namibiese leerplan aan te bied en as eksamensentrums vir die Namibiese Senior Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO) oftewel graad 11 en die Gevorderde (AS)-vlak oftewel graad 12 te registreer.

Sou IEB-skole dié uitweg kies, moet elke skool die voorgeskrewe vorm voltooi en by hul onderskeie streeksrade indien vir evaluering en inspeksie. Dié vorms moet reeds voor die einde van Junie ingedien word.

Die NEACB het as eerste moontlikheid voorgestel die IEB moet die Namibiese Kwalifikasie-owerheid (NQA) nader vir die registrasie van die senior sekondêre sertifikaat (SSC) as ’n nuwe Namibiese kwalifikasie op die nasionale kwalifikasiesraamwerk (NQF). Dit sal die akkreditasie en erkenning van IEB as ’n toekenningsliggaam van die SSC in Namibië soos enige ander opleiding- en opvoedingsinstelling in die land verseker.

Volgens opsie twee kan IEB ’n gevestigde internasionale geakkrediteerde organisasie nader om ’n akkreditasie-ooreenkoms aan te gaan. Die kwalifikasie sal vervolgens by die NQA op NQF geregistreer word. Die kwalifikasie kan gesertifiseer word deur beide die vennootorganisasie (internasionale akkrediteringsliggaam) en IEB.

[email protected]

Soortgelyk

 

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

3 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings...

Profeet TB Joshua sterf

9 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

19 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...

Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

2 dae gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by...