Leerplan hou tred met 21ste eeu
Leerplan hou tred met 21ste eeu

Leerplan hou tred met 21ste eeu

Die hersiende nasionale leerplan wil leerders help om probleme op te los en ook selfstandigheid en entrepreneurskap ontwikkel.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Konstante verandering in ’n leerplan is ’n manier om te verseker Namibië se onderwysstelsel hou tred met die uitdagings van onderrig- en leermetodes in die 21ste eeu.Die minister van onderwys, kuns en kultuur het die hersiende nasionale leerplan as ’n “leerplan vir die toekoms” beskryf wat Namibië van ’n “geletterde samelewing na 'n kennisgebaseerde samelewing” sal verander.

Volgens me. Katrina Hanse-Himarwa is die leerplan nou verweef met die doelstellings van Visie2030, met fokus wat onder meer op die ontwikkeling van persoonlike, maatskaplike, kognitiewe, kommunikasie- sowel as syfervaardighede val.

Leervakke sluit tale, wiskunde, natuurlike en sosiale wetenskappe, tegnologie, handel, kunste en fisieke onderrig in.

Met betrekking tot die ontwikkeling van ’n produktiewe samelewing fokus die hersiende leerplan op die ontwikkeling van kennis, begrip en waardes, kreatiwiteit, asook praktiese vaardighede as ’n stewige basis vir hetsy akademiese of beroepsonderrig. Voort wil dit leerders in staat stel om wetenskaplik te dink, probleme op te los en selfstandigheid en entrepreneurskap te ontwikkel ter voorbereiding van ’n loopbaan ná skool.

Die hersiende leerplan word sedert 2015 in staatskole geïmplementeer en het afgeskop met die junior primêre fase, gevolg deur die senior primêre fase verlede jaar. Die junior sekondêre fase het vanjaar afgeskop met graad 8, gevolg deur graad 9 in 2018. Die ministerie is tans besig met die ontwikkeling van sillabusse vir die senior sekondêre fase (graad 10 – 12) wat onderskeidelik in 2019 (graad 10), 2020 (graad 11) en 2021 (graad 12) geïmplementeer sal word.

Volgens die minister betrek die suksesvolle implementering van onderwysers tot geriewe en leierskap. Met verwysing na onderwysers sê Hanse-Himarwa dié wat gemotiveerd en toegewyd is en in hul leerlinge glo, stel hoë standaarde en is in staat om leerlinge te ondersteun om hul volle potensiaal te bereik. Ook is dit noodsaaklik dat onderwysers die sillabus goed verstaan om dit doeltreffend te implementeer.

“Onderwysers as beroepslui moet meer oor hul vakke oplees om beide die vak en ook onderrig te verryk. Dit is noodsaaklik dat die onderrig van die hersiende leerplan verder as prosedurele kennis strek.”

Hanse-Himarwa het gemaan teen dié wat geneig is om net op vakke te konsentreer wat akademiese prestasie bevorder.

Ook is voldoende hulpbronne soos handboeke en skryfbenodighede, sowel as geriewe soos klaskamers, laboratoriums en biblioteke kritieke elemente tot suksesvolle implementering. In dié verband is die Vriende van Onderwys Spesiale Inisiatief van stapel gestuur om hande met die private sektor te vat in die voorsiening van hulpbronne en geriewe aan skole.

Die minister het gemaan “toestande in ons samelewing” vernietig die toekoms van die land se leerders.

“Selfs al het ons die beste leerplan, gekwalifiseerde onderwysers en toegewyde skoolhoofde, maak dit nie saak as die gemeenskappe waaruit ons leerlinge kom, oneties is nie.”

Die hersiende leerplan wil onder meer ‘n leerling se maatskaplike verantwoordelikheid teenoor sy gesin en ander ontwikkel, respek en begrip vir ander rasse, gelowe en kulture kweek en gelyke geleenthede aan beide geslagte bevorder.

In dié verband fokus die sosiale wetenskappe op die ontwikkeling van gemeenskappe, globalisering, menseregte, demokrasie en ook omgewingsaangeleenthede.

Volgens Hanse-Himarwa is die natuurlike wetenskappe een van die sleuteldryfvere vir die transformasie van die samelewing en die wêreld.

“Om dit sonder positiewe waardes te leer, kan vernietigend wees, daarom moet leerders kennis, vaardighede en gesindhede ontwikkel om ’n gesonde lewe te lei.”

Deel van die hersiende leerplan is nou gesondheid- en maatskaplike sorg vir grade 10 tot 11 vir leerlinge wat ’n loopbaan in dié rigting wil volg. Ook is fisieke onderrig deur die bank van graad 1 tot 12 deel van die leerplan.

Op sakegebied fokus die leerplan se handelsvakke op onder meer kommersiële kennis in praktiese situasies. Hanse-Himarwa het die kunste as noodsaaklik vir ’n produktiewe samelewing beskryf, met die kritieke tekort aan die verwante onderwysers wat ’n uitdaging bly.

Die ministerie het in dié verband ’n program vir die nasionale uitbreiding van kunste van stapel gestuur waarvolgens kunstenaars op ’n deeltydse basis in diens geneem word om die gebrek aan onderrig in dié vakke by die meeste skole te takel.

Die hersiende leerplan se fokus op tale behels die onderrig in moeder- en eerste taal van preprimêre vlak tot graad 12; tweede tale (graad 1 tot 12), vreemde tale (graad 8 tot 12), sowel as Namibiese gebaretaal.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!