‘Leerlinge het nie respek vir onderwysers’
Maria Eiseb
Die minister van onderwys, kuns en kultuur het haar sterk uitgespreek teenoor leerlinge wat hul wangedra en nie respek vir onderwysers het nie. Volgens me. Katrina Hanse-Himarwa sal dié tipe gedrag nie langer geduld word nie.
Sy het tydens die bekendstelling van die nuwe doelwitte vir volhoubare ontwikkeling (SDG’s), wat kwaliteit onderrig insluit, gesê die onus rus op leerlinge om geleenthede aan te gryp.
“Die toekoms is in julle hande.”
Die minister het voorts ’n beroep op onderwysers gedoen om “meer in te sit” en gemaan swak prestasie en gedrag van beide onderwysers en leerlinge is iets van die verlede.
Hanse-Himarwa het ook ’n woord van vermaning gehad vir onderwysers wat nie saam met kollegas wil werk nie, en optree “asof die skool of klaskamer aan hulle behoort.”
Intussen het die Verenigde Nasies (VN) se koördineerder vir Namibië, me. Kiki Gbeho, Namibië geloof vir die vordering wat gemaak is met die getal kinders wat vir primêre onderrig ingeskryf is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie