‘Leerlinge die grootste verloorders’
Staak is nie ’n absolute reg
Henriette Lamprecht - Leerlinge is die groot verloorders in die beplande onderwyserstaking, met onherroeplike gevolge vir veral graad 12-leerlinge wat moet presteer vir toelating tot tersiêre instellings.
Volgens die ombudsman, adv. John Walters, is dit nie ’n eenvoudige kwessie tussen die “staat as werkgewer en die onderwyser as werknemer” nie.
“Dit raak kinders en hul ouers, nie goedere en kommersiële dienste nie.”
Walters het gemaan die beplande staking plaas die klem van die beste belange van die kind as primêre oorweging ná die probleme wat onderwysers met die owerhede mag ondervind.
Volgens hom moet die reg van onderwysers om te staak, gebalanseer word met die reg van leerlinge om onderrig te word.
Hy het voorts gesê ouers moes geraadpleeg en ten minste by die hele stakingsproses betrek geword het, terwyl leerlinge die geleentheid gegun moes word om ook hul menings te lug.
“Die staking is ongetwyfeld iets wat hulle raak. Hul menings moes die nodige gewig dra wat dit toekom.”
Walters het gemaan die reg om te staak is ’n basiese, maar nie ’n absolute reg nie.
“Die uitvoering van dié reg moet met die basiese regte van burgers en werknemers strook.”
Hy het erkenning gegee aan onderwysers wat dikwels in uiters moeilike omstandighede moet werk en uitdagings soos oorvol klaskamers en ’n gebrek aan hulpbronne en toiletgeriewe in die gesig moet staar.
“Onderwysers het die reg tot regverdige en gunstige werksomstandighede, regverdige lone en ordentlike lewensomstandighede vir hulle en hul gesinne.”
Walters het voorts gesê onderhandelaars aan die kant van beide die onderwysers en die regering moes in ’n gees van “gee en neem” harder probeer het om die staking af te weer.
“Ek glo egter dit is nog nie te laat om na die onderhandelingstafel terug te keer nie, want die beste belange van die kind vereis dit.”
Volgens me. Yvonne Dausab, voorsitter van die Regshervormingskommissie, beskou onderwysers die staking as hul enigste wapen.
“Is dit egter die beste manier om die geskil op te los?
“Die staking gaan onherroeplike skade aan kinders aanrig, nié die onderwysers nie. Veral graad 10- en graad 12-leerlinge gaan vir die res van hul lewens negatief hierdeur geraak word,” het Dausab gesê.
Sy het voorts gesê die beplande staking het leerlinge verdeel in dié wat in staat- en dié wat in private skole is.
“Private skole gaan voort om toegang tot markte, universiteite en verdere onderrig vir leerlinge te verseker. Staatskole gaan die skok soveel meer voel.”
Sy het beklemtoon dat onderrig bo eie belang gestel moet word.
Intussen het prof. Nico Horn van die Universiteit van Namibië tydens dieselfde geleentheid verwys na die gaping wat reeds tussen staat- en private skole heers.
“Ek het begrip vir die frustrasie van onderwysers, maar ’n staking gaan nadelig vir alle betrokke partye wees. Leerlinge is reeds gespanne oor die komende eksamen en word nou verder ontstig.”
Hy het verwys na uiters belangrike toelatingsek-samens vir veral graad 12-leerlinge wat aanstaande jaar verder wil gaan studeer.
“Ons kinders gaan meeding met Namibiese studente in Suid-Afrika vir wie die deure as gevolg van opstande by universiteite moontlik toegeslaan het. Almal sal moet meeding om ’n plek by ’n universiteit soos Unam.”
Volgens Horn is die onderwysers nie “immoreel” nie, maar hy is bekommerd oor die tyd waarin dit plaasvind.
Met verwysing na onderhandelinge het hy gesê beide partye het ’n “onwrikbare standpunt” ingeneem, ’n situasie wat geensins bevorderlik vir ’n kompromie was nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie