Leerlingdokters wag steeds op finale uitslae
Leerlingdokters wag steeds op finale uitslae

Leerlingdokters wag steeds op finale uitslae

Benewens registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië moet leerlingdokters ook op die salarisrol van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geplaas word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Finalejaar- mediese studente verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool kan nie as leerlingdokters ­registreer nie, omdat hulle tot op hede steeds nie verlede jaar se finale uitslae ontvang het nie.

Die studente moet as leerlingdokters by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) registreer, voordat hulle by staatshospitale oral in die land hul diensjaar begin. Die aanvangsdatum vir die 52 leerlingdokters is 1 Februarie by die Windhoek Sentrale Hospitaal, sowel as die Onandjokwe, Katutura- en Oshakati-­staatshospitaal.

Dié finalejaarstudente moet ná registrasie by die HPCNA die registrasiedokument sowel as hul uitslae by die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste (MoHSS) indien om die leerlingdokters op hul beurt op hul salarisrol te sit.

Volgens 'n bron moes die studente reeds op 13 Desember verlede jaar hul uitslae op hul onderskeie studenteportale ontvang het. Die uitslae kan slegs by Unam se hoofkampus in Windhoek uitgedruk word, met 'n stempel van die universiteit wat hierop moet verskyn. Uit die 52 studente was dié wat so ver as uit die Noorde na die hoofstad moes reis, net om met leë hande te moes omdraai. Die rede vir die uitslae wat toe nie hul verskyning gemaak het nie, is voor die deur van die 'portaal' geplaas. Geen aanduiding is gegee oor wanneer die uitslae wél sou verskyn nie. Met die opening van die universiteit op 10 Januarie was die antwoord dieselfde.

Volgens die bron het dit ook al gebeur dat vorige jare se uitslae net 'verdwyn' of dat 'n student op sy portaal sien hy of sy het 'n vak gedruip wat later sou blyk nie die geval was nie.

Die betrokke studente het volgens die bron in die begin van die jaar hul aanstellingsbriewe as leerlingdokters van die ministerie ontvang wat bevestig by watter staatshospitaal hulle uitgeplaas word. Die briewe het egter nie 'n aanvangsdatum vir die aanmelding van diens gehad nie, terwyl die studente ook nog nie 'n kontrak met die ministerie onderteken het nie. Volgens die bron is 1 Februarie egter die datum wat deur die minister, dr. Bernard Haufiku, deurgegee is, terwyl dit ook die datum is waarop leerlingdokters verlede jaar ingeval het.

Die bron sê voorts hulle het “so hard baklei” om wel 'n pos te kry, omdat voorkeur glo aan Namibiese studente gegee word wat met 'n beurs van die ministerie in mediese rigtings in die buiteland studeer.

Volgens die bron kan veral studente wat buite Windhoek woon, nie begin om behuising te soek in die onder­skeie dorpe waar hulle uitgeplaas is alvorens hulle weet wanneer hul dienstydperk by die betrokke hospitale begin nie.

Mnr. Simon Namesho, Unam se woordvoerder, het beloof om ná konsultasie antwoorde op skriftelike vrae te stuur. Dit is teen druktyd nog nie ontvang nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!