Leerlingdokters, -tandartse by staatshospitale uitgeplaas
’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale dwarsoor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin. Die leerlingdokters sal diens by die staatshospitale op Oshakati en Onandjokwe, asook die Katutura- en Windhoek Sentrale Hospitaal verrig. Elf leerlingtandartse is by die staatshospitale op Oshakati en Rundu, die Eenhana- en Keetmanshoop-distrikshospitale en by die Katutura-staatshospitaal uitgeplaas. Die leerlingtandartse se internskap duur ’n jaar. By die Windhoek Sentrale Hospitaal is twee leerlingsielkundiges vir ’n internskap van een jaar uitgeplaas.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie